Worldpaidshop.com - Expert Authors Sharing Their Information Articles
 


HOME:: Reference & Education

Afrikaans Course for Teachers
#author#






 

Nuwe Wereld Sending Dunamis Internasionale

Universiteit

Posbus 2424 Kroonstad 9500

In 1994 was slegs ons Teologiese afdeling bekend as:

DEGREE BIBLE SCHOOL.

Http://www.universiteit.zoomshare.com/

http://www.university.zoomshare.com/

bybelskool@telkomsa.net

INLEIDING TOT ONDERRIG-

METODIEK.

Die Wêreld van Môre

Onderig Fondasie=

Die Bybel:

????n Boek vir Vandag!

u is Welkom by ons as Teologiese

Student asook die Opvoeding vir Onderwys.

LES EEN Ge redigeer deur Prof. Louis M. De Bruin

Dosente het n roeping soos Predikante

My persoonlike aanbeveling tot elke dosent is om aandag te gee aan 3 vakke in hierdie kursus sodat u basiese begrippe sowel as motiveringsbeginsels bemeester. Die 3 vakke is ??VAKMETODIEK, TOTALITEITSBEGINSEL en u sal binnekort ook verstaan waarom u selfs groter sukses sal behaal in ander aspekte in die studieveld van Didaktiek, leer programme, evaluering, eksamens en probleemoplossingsmetodes deurdat u derde hoofvak TEOLOGIE insluit. My wens is dat u aanbieding eenvoudig, verstaanbaar en duidelik sal wees om die hart van u student aan te spreek sowel as die intelektuele deel van u leerling daarom is een van u hoof vakke;-

DIE TOTALITEITSBEGINSEL.

Om te doseer op Universiteits- vlak verskil nie veel van die hoërskool onderwyser se onderrigmetodiek nie. Tog is dit belangrik om terug te kyk selfs na die Laerskool kind se ontwikkeling om te begryp waarom die totaliteitsbeginsel so belangrik mag wees.

Op die oog af mag dit lyk asof onderrig of leer slegs gemoeid is met die intellektuele aspek van die kind en ( ook, die student) terwyl die teenoorgestelde ook waar is.

Onthou die verantwoordelikheid en betrokkenheid van die Onderwyser het betrekking op al die fasette van die kind se lewe.

Baie kinders word verwar en verstaan nie dat bv. Wetenskap en Wiskunde saam geneem moet word nie. Die Wiskunde onderwyser en Wetenskap onderwyser behoort mekaar aan te vul en vertroud te wees met mekaar se les- aanbieding.

Baie kinders ervaar n reuse verskil tussen die twee vakke en wil slegs een van die twee vakke neem omdat daar selfs teenstrydige vrae ontstaan deur n gebrek aan kommunikasie en selfs die ??afkraking? tussen die 2 vakke.

Die Wetenskap onderwyser het n voordeel om die aanbieding kleurvol en ??lekker? te maak vir die leerling. Die onderwyser behoort die Wiskunde vak in ag te neem en die belangstelling ook prikkel deur wetenskap te verbind met wiskunde.

So behoort die dosent ook sy kollegas in ag te neem en mekaar aan te vul om die TOTALITEITSBEGINSEL prakties uit te leef in die klas.

Vir my, persoonlik was die Godsdiens periode in die skool gewoonlik n tyd om te ??rus?, my huiswerk te doen of drome te droom. Baie ander onderwysers het aan die leerlinge die ??idee? oorgedra dat Godsdiens as vak nie van Akedemiese belang is nie. Nooit het ek besef dat ek eendag self Teologie sal doseer nie. Duisende vrae in my eie ontwikkeling het onbeantwoord gebly en my vir soveel jare terug gehou voor ek volwassenheid kon bereik.

Teologie wil ek dan om verskeie redes beskou as fondasie vir die ernstige dosent.

Die eerste Universiteite het onstaan uit die Godsdiens en Kerke.

Baie skole in Afrika het ontstaan uit die Sending. Groot sukses is behaal met min inligting, sonder moderne tegnologie en ongekwalifiseerde onderwysers.

Die fondasie was egter gesond en die Saad van die Woord kon groei en potensiaal is ontgin om die TOTALITEITSBEGINSEL toe te pas vir die tyd.

Skole en Universiteite ondervind tans nuwe geboorte pyne en sonder die Godsdiens fondasie voorsien ons ??groot probleme?..

Demokrasie, Menseregte, kinderregte, vroueregte, diereregte en selfs planteregte gee die leerling die reg om opstandig te wees teenoor gesag, dissipline, gesonde onwikkeling en die reg om sy doel op aarde te mis. Die TOTALITEITSBEGINSEL impliseer die inagneming van die leerling in totaliteit. Hy word volkome as individu gevorm en opgevoed.

Die nering van die beginsel lei tot die oorbeklemtoning van die intellektuele aspekte van die student in die onderrigsituasie.

Al die kennis wat aan n student gebied word in die vorm van leerstof, maak deel uit van n geheel, n totaliteit.

Die leerling moet ten alle tye bewus gemaak word dat die spesifieke leerstof waarmee hy besig is, deel uitmaak van n groter geheel.

Die hart van die leerling moet ook bereik word. Meer hieroor in die Bybelstudie Kursus wat hierna volg.

Didaktiek bemoei hom met onderrig (Onderwys) in die algemeen, terwyl metodiek aandui hoe hierdie onderrig plaasvind.

Die onderrigmetodiek is dus die praktiese vergestalting van die onderwys.

Algemene metodiek is n sekere hoeveelheid basiese kennis wat gebruik word in onderrig met n duidelike doelwit waar die onderwyser presies weet waarheen hy die student lei.

Algemene onderrigmetodiek bemoei homself met die universele aspekte van onderrigmetodiek wat nie deur veranderlikes beinvloed word nie.

Samevattend kan ons sê:?algemene metodiek verwys na onderrigmetodes wat van toepassing is op alle soorte skole en al die verskillende vakke. Universele metodiek.

Alles wat te doen het met die ??hoe? van onderwys in die algemeen kan dus gesien word as algemene metodiek.

VAKMETODIEK

Vakmetodiek verskil van algemene metodiek omdat dit meer gespesialiseerd ten opsigte van n vak is.

Onderwyl ek Bybelskool Administrateur was vir n bekende kerk-genootskap het ek die voorreg gehad om by verskeie gemeentes in Afrika op te tree.

Een gemeente in die Transkei het n probleem gehad deurdat n ouderling besig was om gemeentelede af te rokkel om n eie gemeente te begin. Die ouderling was n Polisie Kaptein van beroep.

Wel, ek vertel toe in n preek illustrasie die verhaal van die donkie kar drywer wat elke dag begeer het om ook n Trok bestuurder te wees omdat hy altyd die groot trokke bewonder het wat verby hom op sy donkie kar jaag.

Sy droom word toe byna waar. Langs die pad keer n Trokbestuuder hom voor en vra om die trok vir hom tot by die volgende dorp te bestuur omdat hy te siek is om verder te bestuur.

Gretig wikkel die donkie kar drywer agter die stuur in en trek weg. Gou kom hy agter dat die trok baie groter is as sy donkie kar. Die wiele bly nie waar hy dit wil hê nie. Die vrag stoot teen die afdraendes en die trok raak buite beheer, loop van die pad af en val om.

Met n gebreekte arm en been besef hy, hy is n donkiekar bestuurder, nee drywer.. (en ek

fluister agter my hand:).. en elke brommer op sy eie dro...

Die gemeentelede en polisie kaptein het dadelik besef dat die vakgebied gespesialiseerd is en n gesonde keuse gemaak. -verskillende vaardighede is betrokke in die lewe.

Teoloë en toordokters kan nie n blindederm operasie doen nie en n Mediese dokter maak n gemeente of klas moeg as hy praat buite sy vakgebied.

Leerstof beinvloed die metode omdat geen twee vakke op dieselfde wyse onderrig kan word nie.

Die inherente eienskappe van die spesifieke vak bepaal die lesbeplanning en lesvoorbereiding.

Die leerstof bepaal ook die metode wat die dosent gaan aanwend om die spesifieke les te onderrig.

Dit word dan vakmetodiek genoem.

'n Studie van al die aspekte van n spesifieke vak wat betrekking het op die onderrig van die vak word genoem vakdidaktiek.

Die metodiek of metode is die wyse waarop onderrig in die vak plaasvind; dit is dus n faset van didaktiek.

Didaktiek sluit baie meer as bloot metodiek in.

Die onderig-leersituasie (ook genoem die didaktiese situasie) gee n aanduiding van die aktiwiteit wat in die skool plaasvind.

Die leerling, wat in wese leergierig is, is in die skool met die verwagting om te leer. Die onderwyser is die een wat die sleutel tot die wêreld van kennis het.

Die kommunikasieweg tussen die leerling en onderwyser is dus daar; die een het dit wat die ander graag wil hê.

Die onderwyser en die leerling word bymekaar gebring deur die leerstof.

Die drie komponente van die didaktiese situasie is dus 1. Onderwyser, 2. leerling, 3. Leerstof.

In hierdie verhouding vind leer plaas. Die nuwe ervaring wat die leerder opdoen deur te leer, bring verandering in sy houding en gesindheid. Daarom gaan u sleutels ontdek m.b.t. Gesindheid, gehoorsaamheid en verhoudinge in die volgende Bybelstudie om u studente te lei in die gesonde proses van verandering en u te help om n meester te word in Vakmetodiek, Totaliteitsbeginsel en Teologie.

Die sleutels kom uit verskeie bronne. ??n Baie groot fout wat onderwysers gemaak het in my skool loopbaan was om ons klas te waarsku teen plagiaat. Ek was te bang om iemand anders se woorde te gebruik vir 20 jaar! Nou ??steel? ek van die Internet, Boeke, koerante, ander professors en dis tog te lekker. Vul u studies aan deur self navorsing te doen oor u vakgebied. Maak notas, skryf n tesis, erken u bronne..

Ek gee ook al my studente toestemming om my woorde enige tyd te gebruik asof dit hul eie is. Leerstof, kennis, ondervinding is beskikbaar sodat ons mekaar kan leer.

KENNIS SAL VERMEERDER..

Bybelstudie--

kursus

Saamgestelde kursus

uit verskillende bronne

hoofsaaklik, die 1933

Vertaling...

Die volgende Inleiding GEDEELTE tot u kursus word aan u gestuur as

riglyn om ??reg? te begin. Hierdie is n klein deeltjie van navorsing watterons gedoen het

ook op die Internet beskikbaar.

Met dank en erkenning aan die Skrywers- hul name volg.

As u gereeld na die Tomorrow??s World en Wêreld

van Môre-radioprogramme luister en die Tomorrow??s

World en Wêreld van Môre-tydskrifte lees, sal u

beslis weet dat u ??n bietjie ??anders? is as die

meerderheid mense in hierdie wêreld wat nie gretig

is om uit vind WAAROM hulle hier is nie, en nie wil

WEET wat die Bybel regtig leer nie.

U het egter hierdie kursus aangevra omdat u

meer wil leer sodat u andere kan leer.. . Miskien is u een van diegene wat in

hierdie tydperk deur God geroep word en getrou aan

Hom sal bly ?? selfs te midde van hierdie sondige

samelewing (Mattheus 22:14; Openbaring 17:14).

Die eerste les in hierdie kursus is opgestel deur

mnr. John Ogwyn, ??n evangelis en leraar vir baie

jare. Moontlik het u al van sy artikels in die Wêreld

van Môre-tydskrifte gelees. Mnr. Ogwyn het waarlik

??n gawe om God se Waarheid op ??n vars en lewendige

wyse voor te sit om u te help om die geheimenisse

van die Bybel te verstaan. Hy sal die hoofskrywer

van die hierdie deel van die kursus wees en ons is

seker u gaan sy gawes as leermeester geniet ?? en

baat daarby vind.

Mnr. Ogwyn kan egter nie al die werk vir u doen

nie. Tensy u u Bybel gebruik en die skrifture wat hy

aanhaal self opsoek, sal u nie vir uself die kosbare

waarhede van die Bybel beproef nie. God wil hê Sy

volk moet soos die Beréane wees, want ??hulle het die

woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag

die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was?

(Handelinge 17:11).

Vir sommige van u wat hierdie kursus begin, is

God se Waarheid iets nuuts. Andere van u mag in

die Waarheid grootgeword het, maar u het dalk nog

nooit die geleentheid benut om vir uself te beproef

wat u geleer is nie. Dan is daar ook dié van u wat

eenvoudig ??n geleentheid wil hê om te versterk wat u

alreeds weet. Ongeag van u agtergrond, gaan hierdie

kursus en die ander materiaal wat ons aan

u stuur -u ??n geleentheid bied om te LEER en te

GROEI ?? maar u gaan slegs daar uitkry wat u insit.

Diegene wat al voorheen kursusse soos hierdie

gevolg het, beweer dat hulle die Waarheid die beste

geleer het deur elke aangehaalde skriftuur woordvir-

woord uit te skryf. ??n Paar het verkies om selfs

die vrae ook uit te skryf ?? bo en behalwe die skrifture

en antwoorde op elke vraag. Dit klink dalk na

baie moeite, maar die Bybel leer dat God diegene wat

Hom soek .... [party vertalings sê, ??ywerig soek?] ...

sal beloon (Hebreërs 11:6). Namate u uself op die

lesse toelê, sal u vind dat u studie en gebedslewe

verryk sal word en u nader aan God sal wandel

terwyl u Sy weë en Sy plan vir u en die ganse

mensdom leer. Wat kan tog meer lonend wees en u

tyd en aandag meer waardig wees?

Ons hoop en bid dus dat u hierdie kursus met

YWER sal aanpak terwyl u u begrip van God se kosbare

gawe aan die mensdom ?? die Bybel ?? verdiep. En waarhede

oordra aan u leerlinge.

Die Wêreld van Môre

Skrywer...........................................John H Ogwyn

Hoofredakteur.....................Roderick C Meredith

Redaksionele Direkteur............Richard F Ames

Uitvoerende Redakteur ...........William Bowmer

Besturende Redakteur ................Gary F Ehman

Bydraende skrywer............................Daniel Hall

Fraanse Redakteur .......................Dibar Apartian

Spaanse Redakteur.................Mario Hernandez

Uitlegredakteur............................ Donna Prejean

Proeflesers ........................................ Sandy Davis

Linda Ehman

Nuuskantoor .......................................June Olsen

Streekkantore:

Verenigde State van Amerika

Australië

Kanada

Nieu-Seeland

Filippynse Eilande

Verenigde Koninkryk

Suid-Afrika:

Streekdirekteur: Sydney J. Hull

Die Wêreld van Môre Bybelstudiekursus

. word in Suid-Afrika vertaal, gedruk en deur

die Lewende Kerk van God uitgegee.

N.B.

Nuwe Wereld Sending Dunamis is nie lidmate van

slegs een kerk nie. Ons is self gelys as n kerk

by die Plaaslike Regering sedert 1992.

Ons bedien egter alle kerke.

Bybelstudie-

kursus

Bybelstudiekursus Les Een

1

Hoe u by hierdie

Bybelstudiekursus kan baat ...

Kan ??n mens werklik die Bybel

verstaan? Die blote feit dat u

hierdie Bybelstudiekursus aangevra

het, wys dat u die Bybel wil verstaan en

al het u dit nie verwag nie, onthou u arbeid

in die Here is altyd tot voordeel van almal.

Hierdie publikasie is juis ontwerp om u

te help om dit te doen. Indien u hierdie

kursus behoorlik gebruik in die maande

wat voorlê, waarborg ons dat u vermoë sal

toeneem om die Bybel en sy lewensbelangrike

boodskap te verstaan.

Waarom die Bybel Bestudeer?

Die Bybel is al verbrand, verban en

geïgnoreer. Geleerdes het al gepoog om die

waarde daarvan te verkleineer. Sommiges

het selfs beweer dat dit net uit ??koddige?

prosa bestaan en geen bruikbare doel dien

nie. Tóg verdwyn dit nie!

Dit is die eerste boek wat ooit gedruk

is, deur Gutenberg in 1456 en jaar na jaar

bly dit steeds die wêreld se topverkoper.

Dit het ??n ontsettende invloed op die

Westerse kultuur gehad en is in meer tale

en dialekte vertaal as enige ander boek.

En tog, ten spyte hiervan, word die Bybel

deur weinig mense gelees en deur byna

niemand werklik verstaan nie!

Waarom behoort die Bybel nog steeds

in vandag se moderne wêreld gelees en

bestudeer te word? Hoe kan hierdie

antieke Boek werklik vandag nog van toe -

passing wees? In die loop van hierdie les

gaan ons sien dat die Bybel selfs moderner

as vandag se koerante is!

Waarom is die Bybel nog relevant? Om

dit eenvoudig te stel ?? die Bybel is die

Skepper se ??Instruksieboek? ?? en Sy instruksies

is altyd van toepassing. Toe God

die heelal geskape het, het Hy dit ingestel

met ??n stel beginsels wat alles daarin

beheer, insluitend menslike lewe. Die

beginsels of wette wat menslike lewe

beheer, is net so betroubaar as die wette

wat fisika beheer!

Die Bybel openbaar nie slegs die universele

beginsels van menslike gedrag en

verhoudings nie, dit openbaar ook die

Skepper se groot meesterplan. Mense

kyk na die pyn en lyding wat in hierdie

wêreld aangaan en wonder: Waaroor gaan

die lewe nou eintlik? Wat lê voor as hierdie

tydelike fisiese bestaan ten einde loop? Die

Bybel is die enigste bron wat die groot

doel waarom ons gebore is openbaar!

Die Bybel spreek die werklike groot

vraagstukke van die lewe aan, verduidelik

die uiteindelike lotsbestemming van die

mensdom, en sê nog boonop ook vir ons

waarheen ons in vandag se wêreld op pad

is. Bybelprofesie maak die ware betekenis

van vandag se nuus-opskrifte duidelik.

Behalwe die feit dat die Bybel inligting

bevat wat vandag absoluut toepaslik op

ons is, is dit ook bewysbaar as God se

geïnspireerde Woord. Die feite van vervulde

profesie, inhoudsooreenstemming

van die boodskap en die deurvlegte pa -

troon, dra alles by om die Bybel as God se

Boek te bewys.

Ten spyte van wat baie mense dink,

kan die Bybel wél verstaan word. As u die

Bybel se boodskap ter harte neem en

strewe om dit toe te pas, sal dit u huidige

lewe verander en u tot die ewige lewe lei.

Dit is God se Boek en dit bevat die woorde

van die lewe.

Die Wêreld van Môre Bybelstudiekursus

is ontwerp om u ??n kans te gee om

u begrip van die Bybel te verdiep en die

toename van daardie begrip te meet. Elke

les wat u ontvang, dek verskillende onderwerpe

wat lewensbelangrik vir u en u

begrip van die Bybel is. Daar volg ook ??n

oorsig en toets na sommige lesse..

Hoe kan u dan die meeste by hierdie

kursus baat? Eerstens moet u besef dat

dit ontwerp is om slegs ??n instrument of

gids te wees in u studie van God se Boek,

die Bybel. Om waarlik die Bybel se lering

oor ??n onderwerp te verstaan, moet u die

skrifture self lees. Dit is van uiterste

belang dat u letterlik elke enkele skriftuur

OPSOEK wat in die les genoem word. Op

hierdie manier kan u self sien wat die

Bybel eintlik sê, en u kan dit in die regte

konteks lees. Navorsing het bewys dat hoe

meer van ons sintuie ons inspan, hoe

dieper is ons begrip. Hierdie kursus is

ontwerp om u nie net oor die Bybel te

vertel nie, maar om die gewoonte in u te

ontwikkel om die antwoorde vir uself op te

soek.

K

Bybelstudiekursus Les Een

2

Soek. Sodoende sal u die gewoonte aankweek

om die Skrif te deursoek en

antwoorde te vind op die lewe se werklike

groot vraagstukke.

Ons is almal gewoontemense. Bou die

gewoonte van konsekwentheid in u Bybelstudie

in deur ??n tyd van die dag te kies en

??n plek waar u kan konsentreer. Probeer

dan om ??n spesifieke tyd elke dag opsy te

sit, minstens 20 of 30 minute, wat u op

hierdie kursus kan bestee om in die

inhoud van u eie Bybel te kan delf. Kry u

notaboek, u Bybel (ons beveel oor die

algemeen die 1933 Afrikaanse Vertaling

aan, maar maak gerus ook van ander

vertalings gebruik as u kan), ??n woordeboek

en enige ander Bybelstudie hulpmiddels

gereed, sodat u net kan gaan sit

en begin studeer. Ons raai u aan om al die

lesse in ??n lêer te bêre, tesame met u notas

waarin u die Bybel se antwoord op elke

vraag neergeskryf het, asook u eie

gedagtes en kommentare.

In hierdie kursus sal ons somtyds

kommentare en verduidelikings van tegniese

punte insluit. Hierdie bykomende

inligting, tesame met paslike artikels en

boekies wat aangebied

word, is bedoel om u begrip van elke

onderwerp wat u gaan bestudeer, te

verbeter. Ons vra verskoning indien sommige van die materiaal swak kopie mag wees.

Die inhoud is egter van groot belang. Pas toe wat u leer.

Onthou Nuwe Wereld Sending Bedien die hele wereld, nie net een kerk genootskap nie.

Ons materiaal sluit baie verskillende bedieninge in.

Ons sertifikate word deur baie kerke aanvaar. Sommige kerke mag moontlik nie met ons

saamstem nie en ons respekteer enige teregwysing van waarde.

U is ook vry om u eie gemeente OF studiegroep te stig aan die einde van u Pastorale of Dosente Kursus.

Begin egter dadelik met Evangelisasie.

Sleutels tot Begrip van die Bybel

Hierdie sleutels mag u self gebruik en dan oorhandig aan u studente:-

B Die belangrikste sleutel tot begrip van die Bybel is gesindheid! Jesaja 66:2 (vergelyk ook

Jes. 57:15) verduidelik dat God met diegene werk wat ??n nederige, bekeerde gees het. Ons

moet leerbaar wees en ons moet ontsag vir God hê, asook die begeerte om deur Hom

tereggewys te word. Spreuke 9:10 wys ons dat die vrees van God [letterlik ontsag, respek,

en diep eerbied vir God], die beginplek is om wysheid te bekom.

B ??n Tweede sleutel is gehoorsaamheid aan God. Psalm 119:98, 104, en 166 verduidelik dat

diegene wat God se Gebooie onderhou, wys en verstandig word. Deur daagliks die

beginsels van God se wet in ons besluite en keuses toe te pas, neem ons toe in geestelike

volwassenheid (Hebreërs 5:12-14).

B ??n Derde, baie belangrike sleutel om die Bybel te begryp, is om spesifieke verse in die

konteks van die res van die Bybel te verstaan. Die apostel Petrus verduidelik in 2 Petrus

1:20-21 dat geen profesie van die Skrif ??n saak van ??eie? uitlegging is nie. God inspireer die

hele boek en een vers oor ??n onderwerp moet verstaan word in die lig van ander verse oor

dieselfde onderwerp. Net soos meeste onderwerpe, is kennis van die Bybel aanvullend en

moet opgebou word deur ??gebod op gebod? en ??reël op reël? (Jesaja 28:10).

B ??n Vierde sleutel is dat ons met die eenvoudige, duidelike verse oor enige onderwerp moet

begin. Hulle sal ons dan help om die ??moeiliker? of onduideliker skrifture te verstaan.

Byvoorbeeld, Petrus verduidelik in 2 Petrus 3:15-16 dat Paulus sommige dinge geskryf het

wat swaar was om te verstaan en dikwels uit verband verdraai is. As twyfel ontstaan oor ??n

vers, lees dit in meer as een vertaling en gebruik ??n woordeboek om betekenisse en

gebruike beter te kan verstaan.

Ons wens u alles van die beste toe terwyl u een van die lewe se lonendste en

opwindendste reise onderneem. Dit is ??n reis wat u tot ??n dieper begrip van God se

openbaring aan die mens sal lei, tot ??n voller waardering vir Sy groot plan en doel vir die

ganse mensdom, asook vir u persoonlik.

Bybelstudiekursus Les Een

3

Les 1, deel 1

Die Bybel: ??n Boek vir Vandag!

Baie mense dink die Bybel is net ??n ou boek wat praat oor dinge wat lank gelede

gebeur het met mense wat lank gelede geleef het. Hoe is die Bybel van toepassing op ons

moderne wêreld aan die begin van ??n nuwe eeu? Is dit moontlik dat die Bybel praat oor

toestande in ons tyd?

Jesus Christus was die grootste nuusberiggewer van alle tyd! In plaas van net oor

gister se nuus te praat soos gewone nuusberiggewers, het Hy môre se nuus vooruit aangekondig.

Hy het die wêreldtoestande in die jare net voor Sy wederkoms beskryf. Dit is

wanneer Hy gaan terugkom na hierdie aarde om die Koninkryk van God te kom vestig.

Die Bybel is baie meer as ??n boek vol antieke verhale en gedigte; dit is ??n lewensbelangrike

boek vir vandag.

1. Is daar ooit aan Daniël gesê dat sy

geskrifte nie vir sý dag bedoel was nie,

maar geseël sou bly tot die eindtyd

toe? (Daniël 12:9).

(Stuur asb. Vir ons minstens 7 van hierdie Antwoorde

wat u opgesoek het terug na NWSDIU Posbus 2424 Kroonstad 9500.

Onthou om u naam en adres in te sluit by u antwoorde..)

2. Wie, in die eindtyd, sou verstaan wat

Daniël geskryf het? (Daniël 12:10).

3. Wat sê Salomo vir ons in Spreuke 9:10

is die beginsel (of beginpunt) van die

wysheid?

4. Slaan Spreuke 8:13; 15:33 en 16:6 na

vir die Bybelse verduideliking van ??die

vrees van die Here?. (Nota: Die woord

??vrees? in hierdie konteks verwys hoofsaaklik

na ontsag, nie bangheid nie.)

5. Psalm 119:98, 104 en 166 gee vir ons

??n belangrike sleutel tot die begrip van

God se Woord. Wat is dit?

6. Het Christus se dissipels Hom ooit uitgevra

oor ??die einde van die wêreld??

Lees Mattheus 24:3. (Nota: Die Griekse

woord wat hier as ??wêreld? weergegee

word, kan ook as ??eeu? of ??tydperk?

vertaal word. Daar is ook twee

ander woorde wat in die Nuwe Testament

as ??wêreld? vertaal word: kosmos,

wat na die samelewing verwys en

oikoumene, wat na die aardbol

verwys.)

7. Ken God die toekoms? Openbaar Hy

daardie kennis in Sy Woord? Lees

Jesaja 46:9-11.

8. Wou Christus hê Sy dienaars moes

weet wanneer Sy wederkoms na hierdie

aarde naby is? Sien Mattheus 24:

32-33.

9. Het die apostel Paulus verwag dat die

Dag van die Here ware Christene onverhoeds

sou betrap soos ????n dief in

die nag?, of sou hulle toegang hê tot

inligting wat hulle in staat sou stel om

die algemene tye waarin hulle lewe, te

verstaan en nie heeltemal verras te

wees daardeur nie? Sien 1 Thessalonicense

5:1-5, veral vers 4.

10. Wat van die presiese tyd? Is dit iets

wat God alleen sal weet? Sien

Mattheus 24:36.

Die Indeling van die Bybel

Die geïnspireerde volgorde van die

Bybelboeke is nog in die Hebreeuse en

Griekse manuskripte bewaar. Die volgorde

in ons moderne vertalings is egter verander

en die goddelike patroon van

indeling is dus nie so duidelik sigbaar

daarin nie.

Die Ou Testament bestaan uit drie

dele en die Nuwe Testament uit vier. Dit

maak ??n totaal van sewe ?? die nommer wat

God dwarsdeur die Skrif gebruik om

volledigheid en volmaaktheid aan te dui.

Die Jode het in die ou tyd die boeke van

die Ou Testament getel as 22. As dié 22

boeke by die 27 van die Nuwe Testament

gevoeg is, is dit ??n totaal van 49 ?? sewe

maal sewe. Die indeling van hierdie

merkwaardige Boek getuig duidelik van

God se hand daarin.

Bybelstudiekursus Les Een

4

Les 1, deel 2

Verteenwoordig die Bybel Eenvoudig

net die Mens se Soektog na God?

Wat is die Bybel werklik? In teenstelling met die uitlatings van die kritici, maak die

Bybel aanspraak daarop om, nie slegs die mens se soektog na God nie, maar eerder God

se openbaring aan die mens te wees! Dink daaraan. Sou ??n liefdevolle God dan nie wou

hê u moet van Hom weet nie? Hier aan die begin van u studie van die Bybel deur hierdie

kursus, gaan ons eers kyk na watter aansprake die Bybel eintlik maak.

Is die Bybel geïnspireerd? Is dit histories akkuraat? Kom ons verstaan duidelik wat

die Bybel oor die Bybel openbaar.

1. Waar, sê Paulus in 2 Timotheus 3:16,

het die Skrif ontstaan?

2. Wat beteken die woord ??ingegee?? (kyk

in die woordeboek op). Nota: Die oorspronklike

Griekse woord is theopneustos,

en beteken letterlik ??deur

God geasem?.

3. Hoeveel van God se Woord moet ons

van lewe, volgens Jesus Christus in

Mattheus 4:4?

4. Wat sê Christus in Sy gebed in Johannes

17:17, sal God se mense heilig

maak, of uitsonder? Waar vind ons

God se waarheid?

5. Is die Genesis skeppingsverhaal waar?

Wat sê Psalm 119:160 oor die hele

Woord?

6. Het Jesus Christus persoonlik getuig

van die historiese egtheid van Noag en

die universele vloed wat in sy tyd

plaasgevind het? Sien Mattheus

24:37-39 en ook Lukas 17:26-27.

7. Wat van Jona? Het Christus ooit na

die insluk van Jona deur die groot vis

verwys as ??n geskiedkundige gebeurtenis?

Sien Mattheus 12:40.

8. Wat van Adam? Verwys die Nuwe Testament

na hom as ??n letterlike, historiese

man? Watter inligting win ons

uit die volgende skrifture? Lukas 3:38;

Romeine 5:14; 1 Korintiërs 15:45;

1 Timotheus 2:13; Judas 14.

9. Die Jode het tradisioneel die boeke

van die Ou Testament in drie

verdelings bewaar: die Wet, die

Profete, en die Psalms. Het Jesus

Christus hierdie versameling geskrifte

onderskryf as die samestelling van die

Skrifte wat in Sy tyd nog bestaande

was? Sien Lukas 24:44-45.

10. Het die skrywers van die Bybel eenvoudig

hulle eie idees opgeskryf? Let

op wat Petrus in 2 Petrus 1:21

openbaar.

Die Wetenskap Kyk na die Bybel

Gedurende die 1960??s en 1970??s is

baie argeologiese ontdekkings gemaak wat

nuwe lig op die Bybel en sy inhoud gewerp

het. Kenners het berig dat hierdie ontdekkings

??... bevestig het dat die Bybel

meer histories akkuraat is as wat baie

geleerdes gedink het? (U.S. News and

World Report, 24 Augustus 1981).

Meeste kritici en geleerdes het lank

gelede die verhaal van die vernietiging van

Sodom en Gomorra as ??n mite afgemaak.

Selfs die bestaan van die betrokke stede is

grootliks betwyfel. ??Nou glo twee hoogsaangeskrewe

argeoloë, Walter E. Rast en

R. Thomas Schaub, dat hulle die oorblyfsels

van daardie stede gevind het, plus

die ander drie nedersettings waarna in

Genesis verwys word as ??die stede van die

Jordaanstreek??. Die ruïnes lê waar die

Bybel aandui hulle sou wees ?? binne ??n

paar myl van die Dooie See af. Boonop

blyk dit dat minstens drie van die stede

deur vuur vernietig moes gewees het, soos

die Bybel sê, ??die Here het swawel en vuur

Bybelstudiekursus Les Een

5

oor Sodom en Gomorra laat reën? (US N &

WR, 24 Sep. 1981, bll. 38-39).

Nog ??n ontdekking wat nie net die be -

staan van Sodom en Gomorra as historiese

stede bevestig nie, maar ook lig werp

op baie ander Bybelverhale, is die

kleitafels van Ebla. Die ou stad van Ebla is

opgegrawe in die noordelike deel van wat

vandag Sirië genoem word. ??n Italiaanse

professor, Giovanni Pettinato, het spykerskrif

tafels wat daar gevind is, vertaal wat

handelstransaksies bevat in verband met

beide die stede Sodom en Gomorra. Time

tydskrif het berig, ??Vondse van Ebla mag

selfs ??n groter impak hê. Baie liberale

Bybelgeleerdes beskou Abraham nie as ??n

historiese figuur nie, maar as ??n soort

Semitiese Koning Arthur. Hulle siening is

dat die verhale van Abraham en die ander

voorvaders meer as 1,000 jaar later opgeteken

moes gewees het as die gebeure wat

hulle voorgee om te beskryf. Nou het daar,

uit hierdie wêreld wat die Bybel opgelewer

het, bevestiging gekom dat gesofistikeerde

en uitgebreide geskrewe kultuur bestaan

het lank voor Moses en selfs voor Abraham...

Na Ebla, sal ons die Bybel as ??n

historiese dokument meer ernstig moet

opneem? (21 Sep. 1981, bl. 77).

Behalwe inligting oor die voorvaders en

die stede van Sodom en Gomorra, is daar

boonop ook inligting by Ebla gevind oor

die eksodus van Israel uit Egipte. Volgens

Hans Goedicke, ??n vooraanstaande Egiptoloog

aan die Johns Hopkins Universiteit, is

daar by Ebla ??n kleitafel ontdek wat van

die eksodus getuig uit ??n Egiptiese perspektief

en boonop ook die datum op omtrent

1475 v.C. vasstel. Hierdie datum is

ongeveer twee eeue vroeër as die algemene

beraming van die geleerdes, alhoe wel dit

ooreenstem met die tydvak wat die Bybel

self stel.

Wat van die teorie van meervoudige

outeurskap van die tradisionele boeke van

Moses? Bybelgeleerde, Professor Yehuda

Radday van Haifa se Israel Instituut van

Tegnologie berig dat ??n vyf-jaar rekenaarstudie

van die boek Genesis bewys dat dit

die werk van ??n enkele skrywer is. Prof.

Radday en drie van sy kollegas het die

woorde van die Hebreeuse teks bestudeer

en gekonsentreer op 56 kenmerke van

taalgedrag wat buite die bewuste beheer

van ??n skrywer is. Uit sy ontleding het hy

tot die gevolgtrekking gekom dat Genesis

die werk van ??n enkele skrywer was en dat

die JEDP-veronderstelling (die teorie wat

die hoër kritici versprei dat die boek Genesis

die resultaat is van meervoudige skrywers

oor ??n tydperk van eeue), verwerp

moet word.

So kan ons aanhou en aanhou feite

opnoem. Maar as ons die lig van wetenskaplike

ondersoek op die Bybel rig, dan

vind ons dat dit die kritici is wat kortkom,

nie die Bybel nie.

??n Kaart van die Bybel

Die Ou Testament

I. DIE WET

1 Genesis

2 Eksodus

3 Levítikus

4 Numeri

5 Deuterono-

mium

II. DIE PROFETE

6 Josua ?? Rigters

7 Samuel ??

Konings

8 Jesaja

9 Jeremia

10 Esegiël

11 Die Twaalf

??Klein? Profete

III. DIE GESKRIFTE

12 Psalms

13 Spreuke

14 Job

15 Hooglied van

Salomo

16 Rut

17 Klaagliedere

18 Prediker

19 Ester

20 Daniël

21 Esra ??

Nehemia

22 Kronieke

Die Nuwe Testament

IV. DIE EVANGELIES &

HANDELINGE

1 Mattheus

2 Markus

3 Lukas

4 Johannes

5 Handelinge

V. ALGEMENE

SENDBRIEWE

6 Jakobus

7 1 Petrus

8 2 Petrus

9 1 Johannes

10 2 Johannes

11 3 Johannes

12 Judas

VI. PAULUS SE

SENDBRIEWE

13 Romeine

14 1 Korintiërs

15 2 Korintiërs

16 Galasiërs

17 Efesiërs

18 Filippense

19 Kolossense

20 1 { Thessalo-

21 2 { nicense

22 Hebreërs

23 1 Timotheus

24 2 Timotheus

25 Titus

26 Filemon

VII. PROFESIE

27 Openbaring

Bybelstudiekursus Les Een

6

Les 1, deel 3

Is die Ou Testament Vandag

Nog Van Toepassing?

Die Ou Testament beslaan tweederdes van die hele Bybel. Hoe toepaslik is dit vandag

op ons? Sommige mense sê die enigste waarde wat die Ou Testament het, is die

geskiedkundige opskrywings wat dit bevat, of dalk die inspirerende poësie daarin. Wat

dink u? Behoort die Ou Testament op dieselfde wyse bestudeer te word as die Nuwe

Testament? Hoe is hierdie twee dele van die Bybel, die Hebreeuse Skrif en die Griekse

Skrif, onderling verbind?

Dit is belangrik om die Bybel se antwoord op hierdie twee basiese begrippe te verstaan

voordat ons veel verder in ons studie van God se Woord, die Heilige Skrif, vorder.

1. Lees weer 2 Timotheus 3:14-17. Watter

Skrifte het nog in Timotheus se kinderjare

bestaan? (Nota: Die Nuwe Testament

was nog in die proses om

geskryf te word tydens Timotheus se

volwassenheid!)

2. Het Paulus vir Timotheus vertel dat die

(Ou Testamentiese) Skrifte nuttig is vir

lering, sowel as teregwysing, en onderwysing

in die geregtigheid?

3. Hoe definieer die Bybel geregtigheid?

(Verwys Psalm 119:172).

4. By wie het die gebooie van die Ou

Testament ontstaan ?? by Moses of by

God? Let op die volgende skrifture:

Eksodus 19:7; 20:1; 24:4, 12;

Levítikus 26:46, Deuteronomium 4:5.

5. Wat omtrent die voorbeelde wat in die

Ou Testament opgeteken staan? Is

hulle ook van toepassing op ons vandag?

Wat het Paulus hieroor gesê in 1

Korintiërs 10:6, 11?

6. Bevat die Ou Testament inligting oor

saligheid deur Christus? Sien 2

Timotheus 3:15.

7. Het die Ethiopiese hofdienaar die

boodskap van saligheid in die Ou

Testament gevnd? Sien Handelinge

8:27-35.

8. Kon hy die Ou Testament ten volle

verstaan sonder die bykomende openbaring

van die Nuwe, wat hy deur die

direkte verklaring van Filippus ontvang

het? Let op Handelinge 8:35.

9. Alhoewel die Jode die Ou Testament

openbaring bewaar het, verstaan hulle

werklik die volle boodskap daarvan?

Let op Paulus se verklaring in 2 Korintiërs

3:14-18.

10. Wat het Jesus Christus kom doen in

verband met die Ou Testament? Sien

Mattheus 5:17. (Nota: Die Griekse

woord vir ??vervul?, pleroo, word ook in

Efesiërs 3:19 gebruik: ??... sodat julle

vervul kan word ...? Pleroo word egter

as ??vol? vertaal in Mattheus 13:48, en

Lukas 2:40: ??... vol van wysheid? ?? ook

op sommige ander plekke).

Bybel Manuskripte en Vertalings

Die eksemplare van die Bybel wat ons

in Afrikaans en Engels bestudeer, is vertaal

uit die oorspronklike tale waarin die

Bybel geskryf is. Die Ou Testament is uit

Hebreeus vertaal en klein deeltjies van die

latere boeke uit Aramees, ??n Hebreeusverwante

taal. Ons Nuwe Testament is uit

die Griekse Skrifte vertaal.

God het die Ou Testament Skrifte aan

die Joodse gemeenskap toevertrou vir be -

waring (Romeine 3:1-3). Skrifgeleerdes wat

Masorete genoem is, het dit getrou be waar

in handgeskrewe manuskripte. Die amptelike

teks wat die Jode bewaar het, word die

Masoretiese teks genoem.

Daardie skribas van ouds het alles in

hul vermoë gedoen om die juistheid van die

Bybelstudiekursus Les Een

7

teks te bewaar. Hulle het selfs al die

woorde en letters getel. Hulle het, byvoorbeeld,

geweet watter woord en watter letter

in die middel van ??n gegewe boek was.

Wanneer hulle handgeskrewe kopieë van ??n

boek gemaak het, het hulle die woordetal

en lettertal noukeurig vergelyk om te

verseker dat nie soveel as een letter in die

teks verskil het nie. Jesus Christus het

getuig van hul versigtigheid in hierdie

opsig toe hy in Mattheus 5:18 gesê het,

??nie een jota of een titteltjie van die wet

[sal] ooit verbygaan? nie. Die ??jota? verwys

na die letter yod, die kleinste letter van die

Hebreeuse alfabet, wat soos ??n afkapteken

lyk. Die ??titteltjie? verwys na die versierkrulletjie

aan sekere letters van die Hebreeuse

alfabet.

Die gesaghebbende Hebreeuse teks is

dié wat amptelik deur die Joodse gemeenskap

bewaar is, nl. die Masoretiese teks.

Dit is in antieke tyd op fyn perkament geskryf

wat van spesiaal behandelde skaapvel

gemaak is. Hierdie tekste is met die

hand oorgeskryf deur deeglik opgeleide

skribas en in boekrolle bewaar. Alhoewel

baie sektes hulle eie kopieë van die Skrifte

bewaar het, verdien nie een van hulle dieselfde

ontsag as wat die amptelike Masoretiese

teks toekom nie.

Ons Nuwe Testament is finaal saamgestel

deur die apostel Johannes net voor

sy dood teen die einde van die eerste eeu.

Ten tye daarvan was hy in Efese woonagtig,

??n Griekssprekende stad naby die

westerse kus van ou Klein-Asië (moderne

Turkye). Hierdie is dieselfde stad wat dekades

vroeër as bewaarplek gedien het vir die

kopieë van Paulus se geskrifte (2

Timotheus 4:13, 21). Dit is ook die stad

wat in Openbaring 2 gebruik is om die hele

eerste stadium van God se Kerk uit te

beeld. Die Griekse manuskripte, wat in

Klein-Asië ontstaan het, word deur

moderne geleerdes as die Antiocheense of

Bisantynse tipe geklassifiseer. Hierdie was

die teks wat in die Griekse wêreld gebruik

is, wat ietwat verskil van die Westerse en

Alexandriese tipes wat in Rome en Egipte

bewaar is.

Afskrifte van die Bisantynse tekste is

na die weste gebring deur geleerdes wat

gevlug het van die Turkse inval in die 15de

eeu. Ná die val van Konstantinopel in

1453, het baie van hierdie Griekse geleerdes

(asook die manuskripte wat hulle met

hul saamgebring het) hulle in die omgewing

van Basel, Switserland bevind. Dit is

uit hierdie manuskripte waaruit gedrukte

tekste van Erasmus (1516) en Stephens

(1520) basies ontstaan het. Stephens se

teks was bekend as die Textus Receptus

(Teks Ontvang) en was vir ongeveer drie

eeue die aangenome standaard van die

Griekse Nuwe Testament.

Bybelvertaling het in die laaste deel van

die negentiende eeu ??n verandering ondergaan

as gevolg van die wydverspreide aanvaarding

van die evolusieteorie en die

intrede van hoër kritiek in geleerde kringe.

Bybelgeleerdes het die idee dat die Bybel

bonatuurlik geïnspireer en bewaar was,

verwerp en besluit dat die oudste

manuskripte, ongeag hulle bron, nader

aan die oorspronklike moes wees en dus

meer akkuraat moes wees. Hulle het toe

besondere geloofwaardigheid aan tekste en

teksbrokkies verleen wat voorheen as minderwaardig

beskou is. Meeste twintigsteeeuse

Bybelvertalers het tekste gebruik

waarvoor ondersteuning gewerf is deur die

hoër kritici, en die lesings van amptelik be -

waarde tekste afgeskuif tot voetnotas.

Die Authorised Version of King James

Engelse vertaling het eers in 1611 verskyn,

na ??n sewe-jaarlange taak deur 54

geleerdes. Dit is grotendeels uit die Masoretiese

grondteks en die Griekse Ontvangde

Teks vertaal, wat op die werke van

vroeër geleerdes soos William Tyndale

staatgemaak het. Alhoewel daar ??n paar

ooglopende foute voorgekom het, byvoorbeeld

die gebruik van ??Easter? [??paasfees?]

in plaas van ??Passover? as vertaling van die

Griekse pascha in Handelinge 12:4, het die

King James vertalers gestrewe om noukeurig

getrou te wees aan die tekste tot

hulle beskikking.

Die grootste probleem met die King

James Version vir baie moderne lesers is

die gebruik van ou-Engelse woorde wat nie

meer in gebruik is nie (bv. thee en thou).

Sommige woorde het ook deur die eeue van

betekenis verander vandat vertaling begin

het. Die New King James Version wat in

1982 voltooi is, het die teks gemoderniseer

sonder om die juistheid en mooiheid van

die oorspronklike teks prys te gee. Om

daardie rede gebruik ons gewoonlik die

New King James Version in die Tomorrow??s

World program en tydskrif.

Bybelstudiekursus Les Een

8

In ons Afrikaanse radioprogram Die

Wêreld van Môre en in ons Afrikaanse

leesstof, verkies ons die 1933 Vertaling bo

die Nuwe Afrikaanse Vertaling, aangesien

dit meer getrou aan die oorspronklike

tekste is.

Baie ander twintigste-eeuse vertalings

gee voorkeur aan manuskripte wat deur

die hoër kritici verkies word. Alhoewel die

oorgrote meerderheid van die inhoud van

al die manuskripte dieselfde is, is daar

nogtans ??n paar noemenswaardige verskille

in sekere geskrifte. Al is hierdie vertalings

soms nuttig, moet hulle nie gebruik

word om leerstellings vas te stel

waar hulle van die 1933 Afrikaanse Vertaling

en die Engelse King James Version

verskil nie.

Baie vertalings is eintlik net omskrywings.

Met ander woorde, hulle verteenwoordig

die skrywer se poging om die teks

te vereenvoudig deur dit in sy eie woorde

in hedendaagse taal om te sit. Alhoewel

hierdie weergawes dikwels makliker lees,

is hulle nie betroubaar vir die studie van

tegniese onderwerpe of om leerstellings

vas te stel nie.

Les 1, deel 4

Die Inligtingsboek

Hierdie tydvak waarin ons lewe, word dikwels die Inligtingseeu genoem. Daar is ??n

ongeëwenaarde hoeveelheid inligting beskikbaar oor skynbaar elke onderwerp. Maar tog,

in teenstelling met die mens se skynbare vermenigvuldiging van kennis en inligting, het

sy probleme en moeilikhede ook vermenigvuldig. Een van die hoofredes hiervoor is dat

God se openbaring toenemend bestempel is as ontoepaslik in ons moderne wêreld.

In werklikheid bevat die Bybel die kosbare kennis van saligmaking en God se groot

plan vir die mensdom, en boonop ook nog baie ander belangrike onderwerpe. Dit bevat

inligting oor die lewe en liefde, oor gesondheid en geluk, en dek elke aspek van menslike

lewe en verhoudings, ten minste in beginsel. Sommige dinge word deur direkte bevele

oorgedra, terwyl ander deur voorbeelde of openbaarde beginsels van wysheid geleer word.

Ons gaan nou dele van hierdie verskeidenheid inligting in die Bybel van nader betrag.

1. Waarom, volgens Deuteronomium

6:24, wil God hê ons moet Sy wette

gehoorsaam? Sien ook Deuteronomium

5:29, 32-33.

2. Hoe het Jesus God se wet in Mattheus

22:36-40 opgesom? (Nota: Die eerste

vier van die Tien Gebooie sê vir ons

hoe om God lief te hê, terwyl die laaste

ses ons sê hoe om ons naaste lief te

hê).

3. Wat sê Paulus vir ons in Romeine 7:12

en 14 omtrent die wet? Wat van die

gewilde godsdienslering dat geloof in

Christus die wet ontoepaslik maak?

Sien Romeine 3:31.

4. Leer die Bybel dat daar gevolge in ons

lewe is wat op gehoorsaamheid of ongehoorsaamheid

aan God se wette gegrond

is? Deuteronomium 11:26-28.

5. Waarom het Salomo die boek Spreuke

geskryf? Spreuke 1:1-4.

6. Mediese geneeshere het in onlangse

dekades eers uitgevind dat stres siekte

veroorsaak. Het God Salomo duisende

jare gelede al geïnspireer om hierdie

beginsel te verduidelik in Spreuke

17:22?

7. Watter praktiese beginsels oor hoe ons

ons vriende en metgeselle behoort te

Bybelstudiekursus Les Een

9

kies, word in Spreuke geopenbaar?

Sien Spreuke 22:24-25; 13:20; 23:19-

21; 6:23-26.

8. Gee die Bybel lewensbelangrike inligting

oor hoe mans en vrouens teenoor

mekaar behoort te reageer om geluk in

hulle tuiste te bevorder? Sien 1 Petrus

3:1-11.

9. Mense sal ons soms uitvra oor wat ons

glo en waarom. Wat sê 1 Petrus 3:15

vir ons hieroor?

10. Waarmee vergelyk Paulus ons vermoë

om die Bybel se inligting te verteer, in

Hebreërs 5:12-14? Hoe, sê hy, verbeter

ons ons geestelike spysvertering?

Let op vers 14.

Praktiese Hulpbronne vir Bybelstudie

Paulus het die Jode in die stad Beréa

geloof omdat hulle ??elke dag die Skrifte

ondersoek [het] of hierdie dinge so was?

(Handelinge 17:11). Ons het deesdae ??n

verskeidenheid hulpbronne tot ons beskikking

om ons ondersoek van God se

Woord baie makliker en geriefliker te

maak as wat dit vir daardie eerste-eeuse

Beréane was. Hierna gee ons vir u ??n lysie

bronne wat van nut kan wees in u

Bybelstudie. Onthou asseblief dat hierdie

slegs hulpbronne is, en dat hulle nie

noodsaaklik is vir die kursus nie.

Bybell Konkordansiies

Dit kan soms baie moeilik wees om ??n

Bybelvers te vind. Met die hulp van ??n konkordansie

kan u maklik die skriftuurplasing

van enige woord in die Bybel vind.

Sommige konkordansies gee selfs die oorspronklike

Hebreeuse of Griekse woorde

aan, hulle korrekte uitspraak, en hul

definisies.

As u tweetalig is, is die verskeidenheid

hulpbronne natuurlik meer as dubbel,

aangesien baie van hulle nie in Afrikaans

beskikbaar is nie. Daar is verskeie uitstekende

Bybelkonkordansies in Engels

beskikbaar. Strong??s Exhaustive Concordance

gee ??n lys aan van elke woord in die

Engelse Bybel en sê waar dit staan. Boonop

is daar ook ??n Hebreeuse en Griekse

woordeboek agterin.

The Englishman??s Greek Concordance

of the New Testament en The Englishman??s

Hebrew Concordance is albei gekoppel aan

Strong??s Exhaustive Concordance. Gevolglik

kan hulle deur studente gebruik word

wat geen kennis van die Griekse of Hebreeuse

alfabet het nie. Hierdie twee konkordansies

is gebaseer op die gebruik van

elke Griekse en Hebreeuse woord, nie

slegs op die Engelse woorde waarin hulle

vertaal is nie. ??n Verskeidenheid verskillende

Griekse of Hebreeuse woorde, elk

met effens verskillende betekenisse, mag

almal as een enkele Engelse (of Afrikaanse)

woord vertaal word. Somtyds word

verskeie Engelse woorde gebruik om

dieselfde Griekse of Hebreeuse term te

vertaal. Hierdie konkordansies help om

elke teks op te spoor waar ??n spesifieke

Griekse of Hebreeuse woord gebruik is,

ongeag die Engelse term wat gebruik is om

dit te vertaal.

Bybell Atllasse,, Woordeboeke en Kommentare

Om die Bybel te ondersoek, kan soos ??n reis na ??n vreemde, nuwe wêreld wees. In u

soektog na die waarheid van die Bybel mag u onbekende gebruike teëkom en name van

volke en lande hoor wat u nie op enige moderne landkaart kan opspoor nie.

Wie was die Fariseërs en die Sadduseërs? Waarom was die Samaritane en die Jode

van Jesus se dag vyande? Waar was die antieke ryke van die Assiriërs, die Babiloniërs en

die Perse geleë? Die historiese, geografiese en sosiale agtergrond is baie belangrik om

baie vae verse te begryp.

Bybelstudiekursus Les Een

10

??n Bybel atlas help om antieke volke, stede en ryke op te spoor. Dit sal u die

Romeinse wêreld wys waardeur Paulus gereis het en baie kerke gevestig het, of die ligging

van die twaalf stamme van Israel gedurende die dae van Josua en die Rigters. Dit is baie

nuttig wanneer u probeer om die wêreld voor te stel wat bestaan het voor die tydvakke

wat in die Bybel bespreek word.

Bybelwoordeboeke en Bybelkommentare help die antieke sosiale gebruike

verduidelik, asook argeologiese ontdekkings en wêreldgeskiedkundige gebeure verbind

met gebeure in die Bybel. Ongelukkig is elkeen van hierdie werke egter beperk tot die

vooroordele en vooropgesette menings van sy skrywer. As die leser die perspektief

verstaan van diegene wat enige gegewe werk voorberei, sal dit die leser in staat stel om

behoorlik te kompenseer.

Hier volg ??n lysie van verskillende naslaanwerke wat algemeen beskikbaar is aan

Bybelstudente. Die lys bevat nie naastenby al die geskikte werke nie, en dit is ook nie ??n

onderskrywing deur Tomorrow??s World/Die Wêreld van Môre van alles wat daarin staan

nie. U kan dalk een of meer hiervan vir u persoonlike biblioteek aanskaf, alhoewel u

meeste van hulle in u plaaslike Naslaanbiblioteek behoort te kry.

Engels:

Atlas of the Bible Lands (Hammond, Inc.)

Oxford Bible Atlas

(Oxford University Press)

The Dictionary of Bible and Religion

(Abingdon Press)

Smith??s Bible Dictionary

(Hendrickson Press)

The Interpreter??s Dictionary of the Bible

(Abingdon Press)

The New Bible Commentary

(InterVarsity Press)

Jamieson, Fausset & Brown Commentary

(Zondervan)

The Expositors?? Bible Commentary

(Zondervan)

Soncino Books of the Bible (Soncino Press,

Old Testament only).

Afrikaans:

H.A.T. Verklarende Hand Woordeboek van

die Afrikaanse Taal (Odendaal, Schoonees,

Swanepoel, du Toit, Booysen)Uitg.: Perskor

Reader??s Digest Afrikaans/Engelse Woordeboek

Tweetalige Woordeboek (Bosman, Van der

Merwe, Hiemstra) Uitg.: Tafelberg

Afrikaanse Bybel Konkordansie (Mijnhardt)

Uitg.: J.L. van Schaik

Stuur u Tesis (Minstens 10 bladsye vir hierdie gedeelte asb.)

na Prof. LOUIS M. DE BRUIN

Posbus 2424 Kroonstad 9500

bybelskool@telkomsa.net

Onthou om u Deposito Strokie in te sluit met u

NAAM EN ADRES asb. (ASAP)