|
Afrikaans Course for Teachers
|
![]() |
Nuwe Wereld Sending Dunamis Internasionale
Universiteit
Posbus 2424 Kroonstad 9500
In 1994 was slegs ons Teologiese afdeling bekend as:
DEGREE BIBLE SCHOOL.
Http://www.universiteit.zoomshare.com/
http://www.university.zoomshare.com/
bybelskool@telkomsa.net
INLEIDING TOT ONDERRIG-
METODIEK.
Die Wêreld van Môre
Onderig Fondasie=
Die Bybel:
????n Boek vir Vandag!
u is Welkom by ons as Teologiese
Student asook die Opvoeding vir Onderwys.
LES EEN Ge redigeer deur Prof. Louis M. De Bruin
Dosente het n roeping soos Predikante
My persoonlike aanbeveling tot elke dosent is om aandag te gee aan 3 vakke in hierdie kursus sodat u basiese begrippe sowel as motiveringsbeginsels bemeester. Die 3 vakke is ??VAKMETODIEK, TOTALITEITSBEGINSEL en u sal binnekort ook verstaan waarom u selfs groter sukses sal behaal in ander aspekte in die studieveld van Didaktiek, leer programme, evaluering, eksamens en probleemoplossingsmetodes deurdat u derde hoofvak TEOLOGIE insluit. My wens is dat u aanbieding eenvoudig, verstaanbaar en duidelik sal wees om die hart van u student aan te spreek sowel as die intelektuele deel van u leerling daarom is een van u hoof vakke;-
DIE TOTALITEITSBEGINSEL.
Om te doseer op Universiteits- vlak verskil nie veel van die hoërskool onderwyser se onderrigmetodiek nie. Tog is dit belangrik om terug te kyk selfs na die Laerskool kind se ontwikkeling om te begryp waarom die totaliteitsbeginsel so belangrik mag wees.
Op die oog af mag dit lyk asof onderrig of leer slegs gemoeid is met die intellektuele aspek van die kind en ( ook, die student) terwyl die teenoorgestelde ook waar is.
Onthou die verantwoordelikheid en betrokkenheid van die Onderwyser het betrekking op al die fasette van die kind se lewe.
Baie kinders word verwar en verstaan nie dat bv. Wetenskap en Wiskunde saam geneem moet word nie. Die Wiskunde onderwyser en Wetenskap onderwyser behoort mekaar aan te vul en vertroud te wees met mekaar se les- aanbieding.
Baie kinders ervaar n reuse verskil tussen die twee vakke en wil slegs een van die twee vakke neem omdat daar selfs teenstrydige vrae ontstaan deur n gebrek aan kommunikasie en selfs die ??afkraking? tussen die 2 vakke.
Die Wetenskap onderwyser het n voordeel om die aanbieding kleurvol en ??lekker? te maak vir die leerling. Die onderwyser behoort die Wiskunde vak in ag te neem en die belangstelling ook prikkel deur wetenskap te verbind met wiskunde.
So behoort die dosent ook sy kollegas in ag te neem en mekaar aan te vul om die TOTALITEITSBEGINSEL prakties uit te leef in die klas.
Vir my, persoonlik was die Godsdiens periode in die skool gewoonlik n tyd om te ??rus?, my huiswerk te doen of drome te droom. Baie ander onderwysers het aan die leerlinge die ??idee? oorgedra dat Godsdiens as vak nie van Akedemiese belang is nie. Nooit het ek besef dat ek eendag self Teologie sal doseer nie. Duisende vrae in my eie ontwikkeling het onbeantwoord gebly en my vir soveel jare terug gehou voor ek volwassenheid kon bereik.
Teologie wil ek dan om verskeie redes beskou as fondasie vir die ernstige dosent.
Die eerste Universiteite het onstaan uit die Godsdiens en Kerke.
Baie skole in Afrika het ontstaan uit die Sending. Groot sukses is behaal met min inligting, sonder moderne tegnologie en ongekwalifiseerde onderwysers.
Die fondasie was egter gesond en die Saad van die Woord kon groei en potensiaal is ontgin om die TOTALITEITSBEGINSEL toe te pas vir die tyd.
Skole en Universiteite ondervind tans nuwe geboorte pyne en sonder die Godsdiens fondasie voorsien ons ??groot probleme?..
Demokrasie, Menseregte, kinderregte, vroueregte, diereregte en selfs planteregte gee die leerling die reg om opstandig te wees teenoor gesag, dissipline, gesonde onwikkeling en die reg om sy doel op aarde te mis. Die TOTALITEITSBEGINSEL impliseer die inagneming van die leerling in totaliteit. Hy word volkome as individu gevorm en opgevoed.
Die nering van die beginsel lei tot die oorbeklemtoning van die intellektuele aspekte van die student in die onderrigsituasie.
Al die kennis wat aan n student gebied word in die vorm van leerstof, maak deel uit van n geheel, n totaliteit.
Die leerling moet ten alle tye bewus gemaak word dat die spesifieke leerstof waarmee hy besig is, deel uitmaak van n groter geheel.
Die hart van die leerling moet ook bereik word. Meer hieroor in die Bybelstudie Kursus wat hierna volg.
Didaktiek bemoei hom met onderrig (Onderwys) in die algemeen, terwyl metodiek aandui hoe hierdie onderrig plaasvind.
Die onderrigmetodiek is dus die praktiese vergestalting van die onderwys.
Algemene metodiek is n sekere hoeveelheid basiese kennis wat gebruik word in onderrig met n duidelike doelwit waar die onderwyser presies weet waarheen hy die student lei.
Algemene onderrigmetodiek bemoei homself met die universele aspekte van onderrigmetodiek wat nie deur veranderlikes beinvloed word nie.
Samevattend kan ons sê:?algemene metodiek verwys na onderrigmetodes wat van toepassing is op alle soorte skole en al die verskillende vakke. Universele metodiek.
Alles wat te doen het met die ??hoe? van onderwys in die algemeen kan dus gesien word as algemene metodiek.
VAKMETODIEK
Vakmetodiek verskil van algemene metodiek omdat dit meer gespesialiseerd ten opsigte van n vak is.
Onderwyl ek Bybelskool Administrateur was vir n bekende kerk-genootskap het ek die voorreg gehad om by verskeie gemeentes in Afrika op te tree.
Een gemeente in die Transkei het n probleem gehad deurdat n ouderling besig was om gemeentelede af te rokkel om n eie gemeente te begin. Die ouderling was n Polisie Kaptein van beroep.
Wel, ek vertel toe in n preek illustrasie die verhaal van die donkie kar drywer wat elke dag begeer het om ook n Trok bestuurder te wees omdat hy altyd die groot trokke bewonder het wat verby hom op sy donkie kar jaag.
Sy droom word toe byna waar. Langs die pad keer n Trokbestuuder hom voor en vra om die trok vir hom tot by die volgende dorp te bestuur omdat hy te siek is om verder te bestuur.
Gretig wikkel die donkie kar drywer agter die stuur in en trek weg. Gou kom hy agter dat die trok baie groter is as sy donkie kar. Die wiele bly nie waar hy dit wil hê nie. Die vrag stoot teen die afdraendes en die trok raak buite beheer, loop van die pad af en val om.
Met n gebreekte arm en been besef hy, hy is n donkiekar bestuurder, nee drywer.. (en ek
fluister agter my hand:).. en elke brommer op sy eie dro...
Die gemeentelede en polisie kaptein het dadelik besef dat die vakgebied gespesialiseerd is en n gesonde keuse gemaak. -verskillende vaardighede is betrokke in die lewe.
Teoloë en toordokters kan nie n blindederm operasie doen nie en n Mediese dokter maak n gemeente of klas moeg as hy praat buite sy vakgebied.
Leerstof beinvloed die metode omdat geen twee vakke op dieselfde wyse onderrig kan word nie.
Die inherente eienskappe van die spesifieke vak bepaal die lesbeplanning en lesvoorbereiding.
Die leerstof bepaal ook die metode wat die dosent gaan aanwend om die spesifieke les te onderrig.
Dit word dan vakmetodiek genoem.
'n Studie van al die aspekte van n spesifieke vak wat betrekking het op die onderrig van die vak word genoem vakdidaktiek.
Die metodiek of metode is die wyse waarop onderrig in die vak plaasvind; dit is dus n faset van didaktiek.
Didaktiek sluit baie meer as bloot metodiek in.
Die onderig-leersituasie (ook genoem die didaktiese situasie) gee n aanduiding van die aktiwiteit wat in die skool plaasvind.
Die leerling, wat in wese leergierig is, is in die skool met die verwagting om te leer. Die onderwyser is die een wat die sleutel tot die wêreld van kennis het.
Die kommunikasieweg tussen die leerling en onderwyser is dus daar; die een het dit wat die ander graag wil hê.
Die onderwyser en die leerling word bymekaar gebring deur die leerstof.
Die drie komponente van die didaktiese situasie is dus 1. Onderwyser, 2. leerling, 3. Leerstof.
In hierdie verhouding vind leer plaas. Die nuwe ervaring wat die leerder opdoen deur te leer, bring verandering in sy houding en gesindheid. Daarom gaan u sleutels ontdek m.b.t. Gesindheid, gehoorsaamheid en verhoudinge in die volgende Bybelstudie om u studente te lei in die gesonde proses van verandering en u te help om n meester te word in Vakmetodiek, Totaliteitsbeginsel en Teologie.
Die sleutels kom uit verskeie bronne. ??n Baie groot fout wat onderwysers gemaak het in my skool loopbaan was om ons klas te waarsku teen plagiaat. Ek was te bang om iemand anders se woorde te gebruik vir 20 jaar! Nou ??steel? ek van die Internet, Boeke, koerante, ander professors en dis tog te lekker. Vul u studies aan deur self navorsing te doen oor u vakgebied. Maak notas, skryf n tesis, erken u bronne..
Ek gee ook al my studente toestemming om my woorde enige tyd te gebruik asof dit hul eie is. Leerstof, kennis, ondervinding is beskikbaar sodat ons mekaar kan leer.
KENNIS SAL VERMEERDER..
Bybelstudie--
kursus
Saamgestelde kursus
uit verskillende bronne
hoofsaaklik, die 1933
Vertaling...
Die volgende Inleiding GEDEELTE tot u kursus word aan u gestuur as
riglyn om ??reg? te begin. Hierdie is n klein deeltjie van navorsing watterons gedoen het
ook op die Internet beskikbaar.
Met dank en erkenning aan die Skrywers- hul name volg.
As u gereeld na die Tomorrow??s World en Wêreld
van Môre-radioprogramme luister en die Tomorrow??s
World en Wêreld van Môre-tydskrifte lees, sal u
beslis weet dat u ??n bietjie ??anders? is as die
meerderheid mense in hierdie wêreld wat nie gretig
is om uit vind WAAROM hulle hier is nie, en nie wil
WEET wat die Bybel regtig leer nie.
U het egter hierdie kursus aangevra omdat u
meer wil leer sodat u andere kan leer.. . Miskien is u een van diegene wat in
hierdie tydperk deur God geroep word en getrou aan
Hom sal bly ?? selfs te midde van hierdie sondige
samelewing (Mattheus 22:14; Openbaring 17:14).
Die eerste les in hierdie kursus is opgestel deur
mnr. John Ogwyn, ??n evangelis en leraar vir baie
jare. Moontlik het u al van sy artikels in die Wêreld
van Môre-tydskrifte gelees. Mnr. Ogwyn het waarlik
??n gawe om God se Waarheid op ??n vars en lewendige
wyse voor te sit om u te help om die geheimenisse
van die Bybel te verstaan. Hy sal die hoofskrywer
van die hierdie deel van die kursus wees en ons is
seker u gaan sy gawes as leermeester geniet ?? en
baat daarby vind.
Mnr. Ogwyn kan egter nie al die werk vir u doen
nie. Tensy u u Bybel gebruik en die skrifture wat hy
aanhaal self opsoek, sal u nie vir uself die kosbare
waarhede van die Bybel beproef nie. God wil hê Sy
volk moet soos die Beréane wees, want ??hulle het die
woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag
die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was?
(Handelinge 17:11).
Vir sommige van u wat hierdie kursus begin, is
God se Waarheid iets nuuts. Andere van u mag in
die Waarheid grootgeword het, maar u het dalk nog
nooit die geleentheid benut om vir uself te beproef
wat u geleer is nie. Dan is daar ook dié van u wat
eenvoudig ??n geleentheid wil hê om te versterk wat u
alreeds weet. Ongeag van u agtergrond, gaan hierdie
kursus en die ander materiaal wat ons aan
u stuur -u ??n geleentheid bied om te LEER en te
GROEI ?? maar u gaan slegs daar uitkry wat u insit.
Diegene wat al voorheen kursusse soos hierdie
gevolg het, beweer dat hulle die Waarheid die beste
geleer het deur elke aangehaalde skriftuur woordvir-
woord uit te skryf. ??n Paar het verkies om selfs
die vrae ook uit te skryf ?? bo en behalwe die skrifture
en antwoorde op elke vraag. Dit klink dalk na
baie moeite, maar die Bybel leer dat God diegene wat
Hom soek .... [party vertalings sê, ??ywerig soek?] ...
sal beloon (Hebreërs 11:6). Namate u uself op die
lesse toelê, sal u vind dat u studie en gebedslewe
verryk sal word en u nader aan God sal wandel
terwyl u Sy weë en Sy plan vir u en die ganse
mensdom leer. Wat kan tog meer lonend wees en u
tyd en aandag meer waardig wees?
Ons hoop en bid dus dat u hierdie kursus met
YWER sal aanpak terwyl u u begrip van God se kosbare
gawe aan die mensdom ?? die Bybel ?? verdiep. En waarhede
oordra aan u leerlinge.
Die Wêreld van Môre
Skrywer...........................................John H Ogwyn
Hoofredakteur.....................Roderick C Meredith
Redaksionele Direkteur............Richard F Ames
Uitvoerende Redakteur ...........William Bowmer
Besturende Redakteur ................Gary F Ehman
Bydraende skrywer............................Daniel Hall
Fraanse Redakteur .......................Dibar Apartian
Spaanse Redakteur.................Mario Hernandez
Uitlegredakteur............................ Donna Prejean
Proeflesers ........................................ Sandy Davis
Linda Ehman
Nuuskantoor .......................................June Olsen
Streekkantore:
Verenigde State van Amerika
Australië
Kanada
Nieu-Seeland
Filippynse Eilande
Verenigde Koninkryk
Suid-Afrika:
Streekdirekteur: Sydney J. Hull
Die Wêreld van Môre Bybelstudiekursus
. word in Suid-Afrika vertaal, gedruk en deur
die Lewende Kerk van God uitgegee.
N.B.
Nuwe Wereld Sending Dunamis is nie lidmate van
slegs een kerk nie. Ons is self gelys as n kerk
by die Plaaslike Regering sedert 1992.
Ons bedien egter alle kerke.
Bybelstudie-
kursus
Bybelstudiekursus Les Een
1
Hoe u by hierdie
Bybelstudiekursus kan baat ...
Kan ??n mens werklik die Bybel
verstaan? Die blote feit dat u
hierdie Bybelstudiekursus aangevra
het, wys dat u die Bybel wil verstaan en
al het u dit nie verwag nie, onthou u arbeid
in die Here is altyd tot voordeel van almal.
Hierdie publikasie is juis ontwerp om u
te help om dit te doen. Indien u hierdie
kursus behoorlik gebruik in die maande
wat voorlê, waarborg ons dat u vermoë sal
toeneem om die Bybel en sy lewensbelangrike
boodskap te verstaan.
Waarom die Bybel Bestudeer?
Die Bybel is al verbrand, verban en
geïgnoreer. Geleerdes het al gepoog om die
waarde daarvan te verkleineer. Sommiges
het selfs beweer dat dit net uit ??koddige?
prosa bestaan en geen bruikbare doel dien
nie. Tóg verdwyn dit nie!
Dit is die eerste boek wat ooit gedruk
is, deur Gutenberg in 1456 en jaar na jaar
bly dit steeds die wêreld se topverkoper.
Dit het ??n ontsettende invloed op die
Westerse kultuur gehad en is in meer tale
en dialekte vertaal as enige ander boek.
En tog, ten spyte hiervan, word die Bybel
deur weinig mense gelees en deur byna
niemand werklik verstaan nie!
Waarom behoort die Bybel nog steeds
in vandag se moderne wêreld gelees en
bestudeer te word? Hoe kan hierdie
antieke Boek werklik vandag nog van toe -
passing wees? In die loop van hierdie les
gaan ons sien dat die Bybel selfs moderner
as vandag se koerante is!
Waarom is die Bybel nog relevant? Om
dit eenvoudig te stel ?? die Bybel is die
Skepper se ??Instruksieboek? ?? en Sy instruksies
is altyd van toepassing. Toe God
die heelal geskape het, het Hy dit ingestel
met ??n stel beginsels wat alles daarin
beheer, insluitend menslike lewe. Die
beginsels of wette wat menslike lewe
beheer, is net so betroubaar as die wette
wat fisika beheer!
Die Bybel openbaar nie slegs die universele
beginsels van menslike gedrag en
verhoudings nie, dit openbaar ook die
Skepper se groot meesterplan. Mense
kyk na die pyn en lyding wat in hierdie
wêreld aangaan en wonder: Waaroor gaan
die lewe nou eintlik? Wat lê voor as hierdie
tydelike fisiese bestaan ten einde loop? Die
Bybel is die enigste bron wat die groot
doel waarom ons gebore is openbaar!
Die Bybel spreek die werklike groot
vraagstukke van die lewe aan, verduidelik
die uiteindelike lotsbestemming van die
mensdom, en sê nog boonop ook vir ons
waarheen ons in vandag se wêreld op pad
is. Bybelprofesie maak die ware betekenis
van vandag se nuus-opskrifte duidelik.
Behalwe die feit dat die Bybel inligting
bevat wat vandag absoluut toepaslik op
ons is, is dit ook bewysbaar as God se
geïnspireerde Woord. Die feite van vervulde
profesie, inhoudsooreenstemming
van die boodskap en die deurvlegte pa -
troon, dra alles by om die Bybel as God se
Boek te bewys.
Ten spyte van wat baie mense dink,
kan die Bybel wél verstaan word. As u die
Bybel se boodskap ter harte neem en
strewe om dit toe te pas, sal dit u huidige
lewe verander en u tot die ewige lewe lei.
Dit is God se Boek en dit bevat die woorde
van die lewe.
Die Wêreld van Môre Bybelstudiekursus
is ontwerp om u ??n kans te gee om
u begrip van die Bybel te verdiep en die
toename van daardie begrip te meet. Elke
les wat u ontvang, dek verskillende onderwerpe
wat lewensbelangrik vir u en u
begrip van die Bybel is. Daar volg ook ??n
oorsig en toets na sommige lesse..
Hoe kan u dan die meeste by hierdie
kursus baat? Eerstens moet u besef dat
dit ontwerp is om slegs ??n instrument of
gids te wees in u studie van God se Boek,
die Bybel. Om waarlik die Bybel se lering
oor ??n onderwerp te verstaan, moet u die
skrifture self lees. Dit is van uiterste
belang dat u letterlik elke enkele skriftuur
OPSOEK wat in die les genoem word. Op
hierdie manier kan u self sien wat die
Bybel eintlik sê, en u kan dit in die regte
konteks lees. Navorsing het bewys dat hoe
meer van ons sintuie ons inspan, hoe
dieper is ons begrip. Hierdie kursus is
ontwerp om u nie net oor die Bybel te
vertel nie, maar om die gewoonte in u te
ontwikkel om die antwoorde vir uself op te
soek.
K
Bybelstudiekursus Les Een
2
Soek. Sodoende sal u die gewoonte aankweek
om die Skrif te deursoek en
antwoorde te vind op die lewe se werklike
groot vraagstukke.
Ons is almal gewoontemense. Bou die
gewoonte van konsekwentheid in u Bybelstudie
in deur ??n tyd van die dag te kies en
??n plek waar u kan konsentreer. Probeer
dan om ??n spesifieke tyd elke dag opsy te
sit, minstens 20 of 30 minute, wat u op
hierdie kursus kan bestee om in die
inhoud van u eie Bybel te kan delf. Kry u
notaboek, u Bybel (ons beveel oor die
algemeen die 1933 Afrikaanse Vertaling
aan, maar maak gerus ook van ander
vertalings gebruik as u kan), ??n woordeboek
en enige ander Bybelstudie hulpmiddels
gereed, sodat u net kan gaan sit
en begin studeer. Ons raai u aan om al die
lesse in ??n lêer te bêre, tesame met u notas
waarin u die Bybel se antwoord op elke
vraag neergeskryf het, asook u eie
gedagtes en kommentare.
In hierdie kursus sal ons somtyds
kommentare en verduidelikings van tegniese
punte insluit. Hierdie bykomende
inligting, tesame met paslike artikels en
boekies wat aangebied
word, is bedoel om u begrip van elke
onderwerp wat u gaan bestudeer, te
verbeter. Ons vra verskoning indien sommige van die materiaal swak kopie mag wees.
Die inhoud is egter van groot belang. Pas toe wat u leer.
Onthou Nuwe Wereld Sending Bedien die hele wereld, nie net een kerk genootskap nie.
Ons materiaal sluit baie verskillende bedieninge in.
Ons sertifikate word deur baie kerke aanvaar. Sommige kerke mag moontlik nie met ons
saamstem nie en ons respekteer enige teregwysing van waarde.
U is ook vry om u eie gemeente OF studiegroep te stig aan die einde van u Pastorale of Dosente Kursus.
Begin egter dadelik met Evangelisasie.
Sleutels tot Begrip van die Bybel
Hierdie sleutels mag u self gebruik en dan oorhandig aan u studente:-
B Die belangrikste sleutel tot begrip van die Bybel is gesindheid! Jesaja 66:2 (vergelyk ook
Jes. 57:15) verduidelik dat God met diegene werk wat ??n nederige, bekeerde gees het. Ons
moet leerbaar wees en ons moet ontsag vir God hê, asook die begeerte om deur Hom
tereggewys te word. Spreuke 9:10 wys ons dat die vrees van God [letterlik ontsag, respek,
en diep eerbied vir God], die beginplek is om wysheid te bekom.
B ??n Tweede sleutel is gehoorsaamheid aan God. Psalm 119:98, 104, en 166 verduidelik dat
diegene wat God se Gebooie onderhou, wys en verstandig word. Deur daagliks die
beginsels van God se wet in ons besluite en keuses toe te pas, neem ons toe in geestelike
volwassenheid (Hebreërs 5:12-14).
B ??n Derde, baie belangrike sleutel om die Bybel te begryp, is om spesifieke verse in die
konteks van die res van die Bybel te verstaan. Die apostel Petrus verduidelik in 2 Petrus
1:20-21 dat geen profesie van die Skrif ??n saak van ??eie? uitlegging is nie. God inspireer die
hele boek en een vers oor ??n onderwerp moet verstaan word in die lig van ander verse oor
dieselfde onderwerp. Net soos meeste onderwerpe, is kennis van die Bybel aanvullend en
moet opgebou word deur ??gebod op gebod? en ??reël op reël? (Jesaja 28:10).
B ??n Vierde sleutel is dat ons met die eenvoudige, duidelike verse oor enige onderwerp moet
begin. Hulle sal ons dan help om die ??moeiliker? of onduideliker skrifture te verstaan.
Byvoorbeeld, Petrus verduidelik in 2 Petrus 3:15-16 dat Paulus sommige dinge geskryf het
wat swaar was om te verstaan en dikwels uit verband verdraai is. As twyfel ontstaan oor ??n
vers, lees dit in meer as een vertaling en gebruik ??n woordeboek om betekenisse en
gebruike beter te kan verstaan.
Ons wens u alles van die beste toe terwyl u een van die lewe se lonendste en
opwindendste reise onderneem. Dit is ??n reis wat u tot ??n dieper begrip van God se
openbaring aan die mens sal lei, tot ??n voller waardering vir Sy groot plan en doel vir die
ganse mensdom, asook vir u persoonlik.
Bybelstudiekursus Les Een
3
Les 1, deel 1
Die Bybel: ??n Boek vir Vandag!
Baie mense dink die Bybel is net ??n ou boek wat praat oor dinge wat lank gelede
gebeur het met mense wat lank gelede geleef het. Hoe is die Bybel van toepassing op ons
moderne wêreld aan die begin van ??n nuwe eeu? Is dit moontlik dat die Bybel praat oor
toestande in ons tyd?
Jesus Christus was die grootste nuusberiggewer van alle tyd! In plaas van net oor
gister se nuus te praat soos gewone nuusberiggewers, het Hy môre se nuus vooruit aangekondig.
Hy het die wêreldtoestande in die jare net voor Sy wederkoms beskryf. Dit is
wanneer Hy gaan terugkom na hierdie aarde om die Koninkryk van God te kom vestig.
Die Bybel is baie meer as ??n boek vol antieke verhale en gedigte; dit is ??n lewensbelangrike
boek vir vandag.
1. Is daar ooit aan Daniël gesê dat sy
geskrifte nie vir sý dag bedoel was nie,
maar geseël sou bly tot die eindtyd
toe? (Daniël 12:9).
(Stuur asb. Vir ons minstens 7 van hierdie Antwoorde
wat u opgesoek het terug na NWSDIU Posbus 2424 Kroonstad 9500.
Onthou om u naam en adres in te sluit by u antwoorde..)
2. Wie, in die eindtyd, sou verstaan wat
Daniël geskryf het? (Daniël 12:10).
3. Wat sê Salomo vir ons in Spreuke 9:10
is die beginsel (of beginpunt) van die
wysheid?
4. Slaan Spreuke 8:13; 15:33 en 16:6 na
vir die Bybelse verduideliking van ??die
vrees van die Here?. (Nota: Die woord
??vrees? in hierdie konteks verwys hoofsaaklik
na ontsag, nie bangheid nie.)
5. Psalm 119:98, 104 en 166 gee vir ons
??n belangrike sleutel tot die begrip van
God se Woord. Wat is dit?
6. Het Christus se dissipels Hom ooit uitgevra
oor ??die einde van die wêreld??
Lees Mattheus 24:3. (Nota: Die Griekse
woord wat hier as ??wêreld? weergegee
word, kan ook as ??eeu? of ??tydperk?
vertaal word. Daar is ook twee
ander woorde wat in die Nuwe Testament
as ??wêreld? vertaal word: kosmos,
wat na die samelewing verwys en
oikoumene, wat na die aardbol
verwys.)
7. Ken God die toekoms? Openbaar Hy
daardie kennis in Sy Woord? Lees
Jesaja 46:9-11.
8. Wou Christus hê Sy dienaars moes
weet wanneer Sy wederkoms na hierdie
aarde naby is? Sien Mattheus 24:
32-33.
9. Het die apostel Paulus verwag dat die
Dag van die Here ware Christene onverhoeds
sou betrap soos ????n dief in
die nag?, of sou hulle toegang hê tot
inligting wat hulle in staat sou stel om
die algemene tye waarin hulle lewe, te
verstaan en nie heeltemal verras te
wees daardeur nie? Sien 1 Thessalonicense
5:1-5, veral vers 4.
10. Wat van die presiese tyd? Is dit iets
wat God alleen sal weet? Sien
Mattheus 24:36.
Die Indeling van die Bybel
Die geïnspireerde volgorde van die
Bybelboeke is nog in die Hebreeuse en
Griekse manuskripte bewaar. Die volgorde
in ons moderne vertalings is egter verander
en die goddelike patroon van
indeling is dus nie so duidelik sigbaar
daarin nie.
Die Ou Testament bestaan uit drie
dele en die Nuwe Testament uit vier. Dit
maak ??n totaal van sewe ?? die nommer wat
God dwarsdeur die Skrif gebruik om
volledigheid en volmaaktheid aan te dui.
Die Jode het in die ou tyd die boeke van
die Ou Testament getel as 22. As dié 22
boeke by die 27 van die Nuwe Testament
gevoeg is, is dit ??n totaal van 49 ?? sewe
maal sewe. Die indeling van hierdie
merkwaardige Boek getuig duidelik van
God se hand daarin.
Bybelstudiekursus Les Een
4
Les 1, deel 2
Verteenwoordig die Bybel Eenvoudig
net die Mens se Soektog na God?
Wat is die Bybel werklik? In teenstelling met die uitlatings van die kritici, maak die
Bybel aanspraak daarop om, nie slegs die mens se soektog na God nie, maar eerder God
se openbaring aan die mens te wees! Dink daaraan. Sou ??n liefdevolle God dan nie wou
hê u moet van Hom weet nie? Hier aan die begin van u studie van die Bybel deur hierdie
kursus, gaan ons eers kyk na watter aansprake die Bybel eintlik maak.
Is die Bybel geïnspireerd? Is dit histories akkuraat? Kom ons verstaan duidelik wat
die Bybel oor die Bybel openbaar.
1. Waar, sê Paulus in 2 Timotheus 3:16,
het die Skrif ontstaan?
2. Wat beteken die woord ??ingegee?? (kyk
in die woordeboek op). Nota: Die oorspronklike
Griekse woord is theopneustos,
en beteken letterlik ??deur
God geasem?.
3. Hoeveel van God se Woord moet ons
van lewe, volgens Jesus Christus in
Mattheus 4:4?
4. Wat sê Christus in Sy gebed in Johannes
17:17, sal God se mense heilig
maak, of uitsonder? Waar vind ons
God se waarheid?
5. Is die Genesis skeppingsverhaal waar?
Wat sê Psalm 119:160 oor die hele
Woord?
6. Het Jesus Christus persoonlik getuig
van die historiese egtheid van Noag en
die universele vloed wat in sy tyd
plaasgevind het? Sien Mattheus
24:37-39 en ook Lukas 17:26-27.
7. Wat van Jona? Het Christus ooit na
die insluk van Jona deur die groot vis
verwys as ??n geskiedkundige gebeurtenis?
Sien Mattheus 12:40.
8. Wat van Adam? Verwys die Nuwe Testament
na hom as ??n letterlike, historiese
man? Watter inligting win ons
uit die volgende skrifture? Lukas 3:38;
Romeine 5:14; 1 Korintiërs 15:45;
1 Timotheus 2:13; Judas 14.
9. Die Jode het tradisioneel die boeke
van die Ou Testament in drie
verdelings bewaar: die Wet, die
Profete, en die Psalms. Het Jesus
Christus hierdie versameling geskrifte
onderskryf as die samestelling van die
Skrifte wat in Sy tyd nog bestaande
was? Sien Lukas 24:44-45.
10. Het die skrywers van die Bybel eenvoudig
hulle eie idees opgeskryf? Let
op wat Petrus in 2 Petrus 1:21
openbaar.
Die Wetenskap Kyk na die Bybel
Gedurende die 1960??s en 1970??s is
baie argeologiese ontdekkings gemaak wat
nuwe lig op die Bybel en sy inhoud gewerp
het. Kenners het berig dat hierdie ontdekkings
??... bevestig het dat die Bybel
meer histories akkuraat is as wat baie
geleerdes gedink het? (U.S. News and
World Report, 24 Augustus 1981).
Meeste kritici en geleerdes het lank
gelede die verhaal van die vernietiging van
Sodom en Gomorra as ??n mite afgemaak.
Selfs die bestaan van die betrokke stede is
grootliks betwyfel. ??Nou glo twee hoogsaangeskrewe
argeoloë, Walter E. Rast en
R. Thomas Schaub, dat hulle die oorblyfsels
van daardie stede gevind het, plus
die ander drie nedersettings waarna in
Genesis verwys word as ??die stede van die
Jordaanstreek??. Die ruïnes lê waar die
Bybel aandui hulle sou wees ?? binne ??n
paar myl van die Dooie See af. Boonop
blyk dit dat minstens drie van die stede
deur vuur vernietig moes gewees het, soos
die Bybel sê, ??die Here het swawel en vuur
Bybelstudiekursus Les Een
5
oor Sodom en Gomorra laat reën? (US N &
WR, 24 Sep. 1981, bll. 38-39).
Nog ??n ontdekking wat nie net die be -
staan van Sodom en Gomorra as historiese
stede bevestig nie, maar ook lig werp
op baie ander Bybelverhale, is die
kleitafels van Ebla. Die ou stad van Ebla is
opgegrawe in die noordelike deel van wat
vandag Sirië genoem word. ??n Italiaanse
professor, Giovanni Pettinato, het spykerskrif
tafels wat daar gevind is, vertaal wat
handelstransaksies bevat in verband met
beide die stede Sodom en Gomorra. Time
tydskrif het berig, ??Vondse van Ebla mag
selfs ??n groter impak hê. Baie liberale
Bybelgeleerdes beskou Abraham nie as ??n
historiese figuur nie, maar as ??n soort
Semitiese Koning Arthur. Hulle siening is
dat die verhale van Abraham en die ander
voorvaders meer as 1,000 jaar later opgeteken
moes gewees het as die gebeure wat
hulle voorgee om te beskryf. Nou het daar,
uit hierdie wêreld wat die Bybel opgelewer
het, bevestiging gekom dat gesofistikeerde
en uitgebreide geskrewe kultuur bestaan
het lank voor Moses en selfs voor Abraham...
Na Ebla, sal ons die Bybel as ??n
historiese dokument meer ernstig moet
opneem? (21 Sep. 1981, bl. 77).
Behalwe inligting oor die voorvaders en
die stede van Sodom en Gomorra, is daar
boonop ook inligting by Ebla gevind oor
die eksodus van Israel uit Egipte. Volgens
Hans Goedicke, ??n vooraanstaande Egiptoloog
aan die Johns Hopkins Universiteit, is
daar by Ebla ??n kleitafel ontdek wat van
die eksodus getuig uit ??n Egiptiese perspektief
en boonop ook die datum op omtrent
1475 v.C. vasstel. Hierdie datum is
ongeveer twee eeue vroeër as die algemene
beraming van die geleerdes, alhoe wel dit
ooreenstem met die tydvak wat die Bybel
self stel.
Wat van die teorie van meervoudige
outeurskap van die tradisionele boeke van
Moses? Bybelgeleerde, Professor Yehuda
Radday van Haifa se Israel Instituut van
Tegnologie berig dat ??n vyf-jaar rekenaarstudie
van die boek Genesis bewys dat dit
die werk van ??n enkele skrywer is. Prof.
Radday en drie van sy kollegas het die
woorde van die Hebreeuse teks bestudeer
en gekonsentreer op 56 kenmerke van
taalgedrag wat buite die bewuste beheer
van ??n skrywer is. Uit sy ontleding het hy
tot die gevolgtrekking gekom dat Genesis
die werk van ??n enkele skrywer was en dat
die JEDP-veronderstelling (die teorie wat
die hoër kritici versprei dat die boek Genesis
die resultaat is van meervoudige skrywers
oor ??n tydperk van eeue), verwerp
moet word.
So kan ons aanhou en aanhou feite
opnoem. Maar as ons die lig van wetenskaplike
ondersoek op die Bybel rig, dan
vind ons dat dit die kritici is wat kortkom,
nie die Bybel nie.
??n Kaart van die Bybel
Die Ou Testament
I. DIE WET
1 Genesis
2 Eksodus
3 Levítikus
4 Numeri
5 Deuterono-
mium
II. DIE PROFETE
6 Josua ?? Rigters
7 Samuel ??
Konings
8 Jesaja
9 Jeremia
10 Esegiël
11 Die Twaalf
??Klein? Profete
III. DIE GESKRIFTE
12 Psalms
13 Spreuke
14 Job
15 Hooglied van
Salomo
16 Rut
17 Klaagliedere
18 Prediker
19 Ester
20 Daniël
21 Esra ??
Nehemia
22 Kronieke
Die Nuwe Testament
IV. DIE EVANGELIES &
HANDELINGE
1 Mattheus
2 Markus
3 Lukas
4 Johannes
5 Handelinge
V. ALGEMENE
SENDBRIEWE
6 Jakobus
7 1 Petrus
8 2 Petrus
9 1 Johannes
10 2 Johannes
11 3 Johannes
12 Judas
VI. PAULUS SE
SENDBRIEWE
13 Romeine
14 1 Korintiërs
15 2 Korintiërs
16 Galasiërs
17 Efesiërs
18 Filippense
19 Kolossense
20 1 { Thessalo-
21 2 { nicense
22 Hebreërs
23 1 Timotheus
24 2 Timotheus
25 Titus
26 Filemon
VII. PROFESIE
27 Openbaring
Bybelstudiekursus Les Een
6
Les 1, deel 3
Is die Ou Testament Vandag
Nog Van Toepassing?
Die Ou Testament beslaan tweederdes van die hele Bybel. Hoe toepaslik is dit vandag
op ons? Sommige mense sê die enigste waarde wat die Ou Testament het, is die
geskiedkundige opskrywings wat dit bevat, of dalk die inspirerende poësie daarin. Wat
dink u? Behoort die Ou Testament op dieselfde wyse bestudeer te word as die Nuwe
Testament? Hoe is hierdie twee dele van die Bybel, die Hebreeuse Skrif en die Griekse
Skrif, onderling verbind?
Dit is belangrik om die Bybel se antwoord op hierdie twee basiese begrippe te verstaan
voordat ons veel verder in ons studie van God se Woord, die Heilige Skrif, vorder.
1. Lees weer 2 Timotheus 3:14-17. Watter
Skrifte het nog in Timotheus se kinderjare
bestaan? (Nota: Die Nuwe Testament
was nog in die proses om
geskryf te word tydens Timotheus se
volwassenheid!)
2. Het Paulus vir Timotheus vertel dat die
(Ou Testamentiese) Skrifte nuttig is vir
lering, sowel as teregwysing, en onderwysing
in die geregtigheid?
3. Hoe definieer die Bybel geregtigheid?
(Verwys Psalm 119:172).
4. By wie het die gebooie van die Ou
Testament ontstaan ?? by Moses of by
God? Let op die volgende skrifture:
Eksodus 19:7; 20:1; 24:4, 12;
Levítikus 26:46, Deuteronomium 4:5.
5. Wat omtrent die voorbeelde wat in die
Ou Testament opgeteken staan? Is
hulle ook van toepassing op ons vandag?
Wat het Paulus hieroor gesê in 1
Korintiërs 10:6, 11?
6. Bevat die Ou Testament inligting oor
saligheid deur Christus? Sien 2
Timotheus 3:15.
7. Het die Ethiopiese hofdienaar die
boodskap van saligheid in die Ou
Testament gevnd? Sien Handelinge
8:27-35.
8. Kon hy die Ou Testament ten volle
verstaan sonder die bykomende openbaring
van die Nuwe, wat hy deur die
direkte verklaring van Filippus ontvang
het? Let op Handelinge 8:35.
9. Alhoewel die Jode die Ou Testament
openbaring bewaar het, verstaan hulle
werklik die volle boodskap daarvan?
Let op Paulus se verklaring in 2 Korintiërs
3:14-18.
10. Wat het Jesus Christus kom doen in
verband met die Ou Testament? Sien
Mattheus 5:17. (Nota: Die Griekse
woord vir ??vervul?, pleroo, word ook in
Efesiërs 3:19 gebruik: ??... sodat julle
vervul kan word ...? Pleroo word egter
as ??vol? vertaal in Mattheus 13:48, en
Lukas 2:40: ??... vol van wysheid? ?? ook
op sommige ander plekke).
Bybel Manuskripte en Vertalings
Die eksemplare van die Bybel wat ons
in Afrikaans en Engels bestudeer, is vertaal
uit die oorspronklike tale waarin die
Bybel geskryf is. Die Ou Testament is uit
Hebreeus vertaal en klein deeltjies van die
latere boeke uit Aramees, ??n Hebreeusverwante
taal. Ons Nuwe Testament is uit
die Griekse Skrifte vertaal.
God het die Ou Testament Skrifte aan
die Joodse gemeenskap toevertrou vir be -
waring (Romeine 3:1-3). Skrifgeleerdes wat
Masorete genoem is, het dit getrou be waar
in handgeskrewe manuskripte. Die amptelike
teks wat die Jode bewaar het, word die
Masoretiese teks genoem.
Daardie skribas van ouds het alles in
hul vermoë gedoen om die juistheid van die
Bybelstudiekursus Les Een
7
teks te bewaar. Hulle het selfs al die
woorde en letters getel. Hulle het, byvoorbeeld,
geweet watter woord en watter letter
in die middel van ??n gegewe boek was.
Wanneer hulle handgeskrewe kopieë van ??n
boek gemaak het, het hulle die woordetal
en lettertal noukeurig vergelyk om te
verseker dat nie soveel as een letter in die
teks verskil het nie. Jesus Christus het
getuig van hul versigtigheid in hierdie
opsig toe hy in Mattheus 5:18 gesê het,
??nie een jota of een titteltjie van die wet
[sal] ooit verbygaan? nie. Die ??jota? verwys
na die letter yod, die kleinste letter van die
Hebreeuse alfabet, wat soos ??n afkapteken
lyk. Die ??titteltjie? verwys na die versierkrulletjie
aan sekere letters van die Hebreeuse
alfabet.
Die gesaghebbende Hebreeuse teks is
dié wat amptelik deur die Joodse gemeenskap
bewaar is, nl. die Masoretiese teks.
Dit is in antieke tyd op fyn perkament geskryf
wat van spesiaal behandelde skaapvel
gemaak is. Hierdie tekste is met die
hand oorgeskryf deur deeglik opgeleide
skribas en in boekrolle bewaar. Alhoewel
baie sektes hulle eie kopieë van die Skrifte
bewaar het, verdien nie een van hulle dieselfde
ontsag as wat die amptelike Masoretiese
teks toekom nie.
Ons Nuwe Testament is finaal saamgestel
deur die apostel Johannes net voor
sy dood teen die einde van die eerste eeu.
Ten tye daarvan was hy in Efese woonagtig,
??n Griekssprekende stad naby die
westerse kus van ou Klein-Asië (moderne
Turkye). Hierdie is dieselfde stad wat dekades
vroeër as bewaarplek gedien het vir die
kopieë van Paulus se geskrifte (2
Timotheus 4:13, 21). Dit is ook die stad
wat in Openbaring 2 gebruik is om die hele
eerste stadium van God se Kerk uit te
beeld. Die Griekse manuskripte, wat in
Klein-Asië ontstaan het, word deur
moderne geleerdes as die Antiocheense of
Bisantynse tipe geklassifiseer. Hierdie was
die teks wat in die Griekse wêreld gebruik
is, wat ietwat verskil van die Westerse en
Alexandriese tipes wat in Rome en Egipte
bewaar is.
Afskrifte van die Bisantynse tekste is
na die weste gebring deur geleerdes wat
gevlug het van die Turkse inval in die 15de
eeu. Ná die val van Konstantinopel in
1453, het baie van hierdie Griekse geleerdes
(asook die manuskripte wat hulle met
hul saamgebring het) hulle in die omgewing
van Basel, Switserland bevind. Dit is
uit hierdie manuskripte waaruit gedrukte
tekste van Erasmus (1516) en Stephens
(1520) basies ontstaan het. Stephens se
teks was bekend as die Textus Receptus
(Teks Ontvang) en was vir ongeveer drie
eeue die aangenome standaard van die
Griekse Nuwe Testament.
Bybelvertaling het in die laaste deel van
die negentiende eeu ??n verandering ondergaan
as gevolg van die wydverspreide aanvaarding
van die evolusieteorie en die
intrede van hoër kritiek in geleerde kringe.
Bybelgeleerdes het die idee dat die Bybel
bonatuurlik geïnspireer en bewaar was,
verwerp en besluit dat die oudste
manuskripte, ongeag hulle bron, nader
aan die oorspronklike moes wees en dus
meer akkuraat moes wees. Hulle het toe
besondere geloofwaardigheid aan tekste en
teksbrokkies verleen wat voorheen as minderwaardig
beskou is. Meeste twintigsteeeuse
Bybelvertalers het tekste gebruik
waarvoor ondersteuning gewerf is deur die
hoër kritici, en die lesings van amptelik be -
waarde tekste afgeskuif tot voetnotas.
Die Authorised Version of King James
Engelse vertaling het eers in 1611 verskyn,
na ??n sewe-jaarlange taak deur 54
geleerdes. Dit is grotendeels uit die Masoretiese
grondteks en die Griekse Ontvangde
Teks vertaal, wat op die werke van
vroeër geleerdes soos William Tyndale
staatgemaak het. Alhoewel daar ??n paar
ooglopende foute voorgekom het, byvoorbeeld
die gebruik van ??Easter? [??paasfees?]
in plaas van ??Passover? as vertaling van die
Griekse pascha in Handelinge 12:4, het die
King James vertalers gestrewe om noukeurig
getrou te wees aan die tekste tot
hulle beskikking.
Die grootste probleem met die King
James Version vir baie moderne lesers is
die gebruik van ou-Engelse woorde wat nie
meer in gebruik is nie (bv. thee en thou).
Sommige woorde het ook deur die eeue van
betekenis verander vandat vertaling begin
het. Die New King James Version wat in
1982 voltooi is, het die teks gemoderniseer
sonder om die juistheid en mooiheid van
die oorspronklike teks prys te gee. Om
daardie rede gebruik ons gewoonlik die
New King James Version in die Tomorrow??s
World program en tydskrif.
Bybelstudiekursus Les Een
8
In ons Afrikaanse radioprogram Die
Wêreld van Môre en in ons Afrikaanse
leesstof, verkies ons die 1933 Vertaling bo
die Nuwe Afrikaanse Vertaling, aangesien
dit meer getrou aan die oorspronklike
tekste is.
Baie ander twintigste-eeuse vertalings
gee voorkeur aan manuskripte wat deur
die hoër kritici verkies word. Alhoewel die
oorgrote meerderheid van die inhoud van
al die manuskripte dieselfde is, is daar
nogtans ??n paar noemenswaardige verskille
in sekere geskrifte. Al is hierdie vertalings
soms nuttig, moet hulle nie gebruik
word om leerstellings vas te stel
waar hulle van die 1933 Afrikaanse Vertaling
en die Engelse King James Version
verskil nie.
Baie vertalings is eintlik net omskrywings.
Met ander woorde, hulle verteenwoordig
die skrywer se poging om die teks
te vereenvoudig deur dit in sy eie woorde
in hedendaagse taal om te sit. Alhoewel
hierdie weergawes dikwels makliker lees,
is hulle nie betroubaar vir die studie van
tegniese onderwerpe of om leerstellings
vas te stel nie.
Les 1, deel 4
Die Inligtingsboek
Hierdie tydvak waarin ons lewe, word dikwels die Inligtingseeu genoem. Daar is ??n
ongeëwenaarde hoeveelheid inligting beskikbaar oor skynbaar elke onderwerp. Maar tog,
in teenstelling met die mens se skynbare vermenigvuldiging van kennis en inligting, het
sy probleme en moeilikhede ook vermenigvuldig. Een van die hoofredes hiervoor is dat
God se openbaring toenemend bestempel is as ontoepaslik in ons moderne wêreld.
In werklikheid bevat die Bybel die kosbare kennis van saligmaking en God se groot
plan vir die mensdom, en boonop ook nog baie ander belangrike onderwerpe. Dit bevat
inligting oor die lewe en liefde, oor gesondheid en geluk, en dek elke aspek van menslike
lewe en verhoudings, ten minste in beginsel. Sommige dinge word deur direkte bevele
oorgedra, terwyl ander deur voorbeelde of openbaarde beginsels van wysheid geleer word.
Ons gaan nou dele van hierdie verskeidenheid inligting in die Bybel van nader betrag.
1. Waarom, volgens Deuteronomium
6:24, wil God hê ons moet Sy wette
gehoorsaam? Sien ook Deuteronomium
5:29, 32-33.
2. Hoe het Jesus God se wet in Mattheus
22:36-40 opgesom? (Nota: Die eerste
vier van die Tien Gebooie sê vir ons
hoe om God lief te hê, terwyl die laaste
ses ons sê hoe om ons naaste lief te
hê).
3. Wat sê Paulus vir ons in Romeine 7:12
en 14 omtrent die wet? Wat van die
gewilde godsdienslering dat geloof in
Christus die wet ontoepaslik maak?
Sien Romeine 3:31.
4. Leer die Bybel dat daar gevolge in ons
lewe is wat op gehoorsaamheid of ongehoorsaamheid
aan God se wette gegrond
is? Deuteronomium 11:26-28.
5. Waarom het Salomo die boek Spreuke
geskryf? Spreuke 1:1-4.
6. Mediese geneeshere het in onlangse
dekades eers uitgevind dat stres siekte
veroorsaak. Het God Salomo duisende
jare gelede al geïnspireer om hierdie
beginsel te verduidelik in Spreuke
17:22?
7. Watter praktiese beginsels oor hoe ons
ons vriende en metgeselle behoort te
Bybelstudiekursus Les Een
9
kies, word in Spreuke geopenbaar?
Sien Spreuke 22:24-25; 13:20; 23:19-
21; 6:23-26.
8. Gee die Bybel lewensbelangrike inligting
oor hoe mans en vrouens teenoor
mekaar behoort te reageer om geluk in
hulle tuiste te bevorder? Sien 1 Petrus
3:1-11.
9. Mense sal ons soms uitvra oor wat ons
glo en waarom. Wat sê 1 Petrus 3:15
vir ons hieroor?
10. Waarmee vergelyk Paulus ons vermoë
om die Bybel se inligting te verteer, in
Hebreërs 5:12-14? Hoe, sê hy, verbeter
ons ons geestelike spysvertering?
Let op vers 14.
Praktiese Hulpbronne vir Bybelstudie
Paulus het die Jode in die stad Beréa
geloof omdat hulle ??elke dag die Skrifte
ondersoek [het] of hierdie dinge so was?
(Handelinge 17:11). Ons het deesdae ??n
verskeidenheid hulpbronne tot ons beskikking
om ons ondersoek van God se
Woord baie makliker en geriefliker te
maak as wat dit vir daardie eerste-eeuse
Beréane was. Hierna gee ons vir u ??n lysie
bronne wat van nut kan wees in u
Bybelstudie. Onthou asseblief dat hierdie
slegs hulpbronne is, en dat hulle nie
noodsaaklik is vir die kursus nie.
Bybell Konkordansiies
Dit kan soms baie moeilik wees om ??n
Bybelvers te vind. Met die hulp van ??n konkordansie
kan u maklik die skriftuurplasing
van enige woord in die Bybel vind.
Sommige konkordansies gee selfs die oorspronklike
Hebreeuse of Griekse woorde
aan, hulle korrekte uitspraak, en hul
definisies.
As u tweetalig is, is die verskeidenheid
hulpbronne natuurlik meer as dubbel,
aangesien baie van hulle nie in Afrikaans
beskikbaar is nie. Daar is verskeie uitstekende
Bybelkonkordansies in Engels
beskikbaar. Strong??s Exhaustive Concordance
gee ??n lys aan van elke woord in die
Engelse Bybel en sê waar dit staan. Boonop
is daar ook ??n Hebreeuse en Griekse
woordeboek agterin.
The Englishman??s Greek Concordance
of the New Testament en The Englishman??s
Hebrew Concordance is albei gekoppel aan
Strong??s Exhaustive Concordance. Gevolglik
kan hulle deur studente gebruik word
wat geen kennis van die Griekse of Hebreeuse
alfabet het nie. Hierdie twee konkordansies
is gebaseer op die gebruik van
elke Griekse en Hebreeuse woord, nie
slegs op die Engelse woorde waarin hulle
vertaal is nie. ??n Verskeidenheid verskillende
Griekse of Hebreeuse woorde, elk
met effens verskillende betekenisse, mag
almal as een enkele Engelse (of Afrikaanse)
woord vertaal word. Somtyds word
verskeie Engelse woorde gebruik om
dieselfde Griekse of Hebreeuse term te
vertaal. Hierdie konkordansies help om
elke teks op te spoor waar ??n spesifieke
Griekse of Hebreeuse woord gebruik is,
ongeag die Engelse term wat gebruik is om
dit te vertaal.
Bybell Atllasse,, Woordeboeke en Kommentare
Om die Bybel te ondersoek, kan soos ??n reis na ??n vreemde, nuwe wêreld wees. In u
soektog na die waarheid van die Bybel mag u onbekende gebruike teëkom en name van
volke en lande hoor wat u nie op enige moderne landkaart kan opspoor nie.
Wie was die Fariseërs en die Sadduseërs? Waarom was die Samaritane en die Jode
van Jesus se dag vyande? Waar was die antieke ryke van die Assiriërs, die Babiloniërs en
die Perse geleë? Die historiese, geografiese en sosiale agtergrond is baie belangrik om
baie vae verse te begryp.
Bybelstudiekursus Les Een
10
??n Bybel atlas help om antieke volke, stede en ryke op te spoor. Dit sal u die
Romeinse wêreld wys waardeur Paulus gereis het en baie kerke gevestig het, of die ligging
van die twaalf stamme van Israel gedurende die dae van Josua en die Rigters. Dit is baie
nuttig wanneer u probeer om die wêreld voor te stel wat bestaan het voor die tydvakke
wat in die Bybel bespreek word.
Bybelwoordeboeke en Bybelkommentare help die antieke sosiale gebruike
verduidelik, asook argeologiese ontdekkings en wêreldgeskiedkundige gebeure verbind
met gebeure in die Bybel. Ongelukkig is elkeen van hierdie werke egter beperk tot die
vooroordele en vooropgesette menings van sy skrywer. As die leser die perspektief
verstaan van diegene wat enige gegewe werk voorberei, sal dit die leser in staat stel om
behoorlik te kompenseer.
Hier volg ??n lysie van verskillende naslaanwerke wat algemeen beskikbaar is aan
Bybelstudente. Die lys bevat nie naastenby al die geskikte werke nie, en dit is ook nie ??n
onderskrywing deur Tomorrow??s World/Die Wêreld van Môre van alles wat daarin staan
nie. U kan dalk een of meer hiervan vir u persoonlike biblioteek aanskaf, alhoewel u
meeste van hulle in u plaaslike Naslaanbiblioteek behoort te kry.
Engels:
Atlas of the Bible Lands (Hammond, Inc.)
Oxford Bible Atlas
(Oxford University Press)
The Dictionary of Bible and Religion
(Abingdon Press)
Smith??s Bible Dictionary
(Hendrickson Press)
The Interpreter??s Dictionary of the Bible
(Abingdon Press)
The New Bible Commentary
(InterVarsity Press)
Jamieson, Fausset & Brown Commentary
(Zondervan)
The Expositors?? Bible Commentary
(Zondervan)
Soncino Books of the Bible (Soncino Press,
Old Testament only).
Afrikaans:
H.A.T. Verklarende Hand Woordeboek van
die Afrikaanse Taal (Odendaal, Schoonees,
Swanepoel, du Toit, Booysen)Uitg.: Perskor
Reader??s Digest Afrikaans/Engelse Woordeboek
Tweetalige Woordeboek (Bosman, Van der
Merwe, Hiemstra) Uitg.: Tafelberg
Afrikaanse Bybel Konkordansie (Mijnhardt)
Uitg.: J.L. van Schaik
Stuur u Tesis (Minstens 10 bladsye vir hierdie gedeelte asb.)
na Prof. LOUIS M. DE BRUIN
Posbus 2424 Kroonstad 9500
bybelskool@telkomsa.net
Onthou om u Deposito Strokie in te sluit met u
NAAM EN ADRES asb. (ASAP)

