|
Open your Internet School
|
![]() |
Degree Bible School ?? Grade Bybelskool en/ or Degree Business School is a department of New World Mission Dunamis International University
http://www.university.zoomshare.com/
of
http://www.universiteit.zoomshare.com/
Box 2424 Kroonstad 9500 South Africa
Cell. 072 127 4327
Kursus beskikbaar om n graad te ontvang- ONS VERSKAF ALLES WAT U NODIG MAG KRY, Akkreditasie, Materiaal, Sertifikate, bekostigbaar.
e-mail: bybelskool@telkomsa.net
(Please no scams, ads or spam)
Meer Inligting
Afrikaanse Universiteit
Meer inligting en skakels om u eie navorsing te begin op die Internet, verdien u Diploma of Graad deur Self Studie, enige tyd van die dag of nag, maklik en spoedig..
Preek-kuns
Inleiding tot Homelitiek
Voorwoord:
Die volgende lesing word saamgestel slegs as riglyn vir predikers van God se onfeilbare Woord. Daar is nie n vraestel vir hierdie lesing nie maar dien as n hulp vir u sodat u as prediker opgewek sal word om deur die Heilige Gees gelei en gebruik kan word tot eer van die Here en siele te wen vir Hom..
Indien u nou byna u Diploma as Evangelis gaan ontvang of reeds ontvang het wil ek u aanmoedig om u nou meer te oefen in die God-Saligheid en elke geleentheid te gebruik om die Woord te verkondig. Moenie stil sit in kerke wat mense uitnooi om n getuienis te bring nie. Staan op en eer die Here met dankbaarheid, liefde, lofprysing en getuig wat Hy vir u gedoen het en ook wat Hy vir andere wil doen. Gebruik elke geleentheid.
Skep self geleenthede as die deure vir u te stadig oopgaan. Reel n byeenkoms, bv. In n huis of saal of tent, opelug, praat met alkoliste en dwelmverslaafdes. Moenie iemand verby gaan sonder om n saadjie van God se genade en liefde vir sondaars te saai nie. Preek die Evangelie en nie veroordeling nie. Die Heilige Gees sal self oortuig van sonde en oordeel en geregtigheid.
Onthou altyd, God se Woord sal NOOIT ledig na Hom terugkeer nie maar SAL VOORSPOEDIG WEES waartoe Hy dit stuur.. u is Sy instrument, Sy dienskneg en diensmaagd, n koning en priester vir onse God !!
a) Lees Jesaja 49:2 ??...En Hy het my mond gemaak soos n skerp swaard,......en Hy het my n skerp pyl gemaak,..?
Daar is n groot verskil tussen n toespraak en n preek. Baie mense dink, ?? ag ek het net die Heilige Gees nodig en Hy sal my lei..? Wel, dit is waar maar die Heilige Gees het jou ook nodig as n werker wat nie nodig het om hom te skaam nie en wat die Woord van die waarheid REG SNY.
Sonder die sekerheid dat u boodskap van God af kom en die sekerheid dat u gesalf is vir die bediening gaan u maar net n toespraak lewer sonder om LEWE te kommunikeer.
U persoonlike gebedslewe moet van nou af verbeter, toeneem in tyd en gehalte tot u voel u staan in die Heilige Teenwoordigheid van God self. Daar waar u nie net vra nie, maar ook luister na die Stem van die Here en HOOR wat Hy se...
Bewonder die Here, praat intiem met Hom, vertel u hartsverlange aan Hom en maak Hom u beste metgesel in die lewe. Eers dan vra u n boodskap van Hom af op u kniee..
In u binnekamer, alleen met God. Maak u Bybel oop by n paar gedeeltes. Of begin waar u reeds lewensleiding en ondervinding opgedoen het.
Lees eerstens en kyk wat God vir u persoonlik wil se. Daarna kan u vra wat is die Skrifgedeelte waarin die sleutel le vir die boodskap aan mense.
Maak aantekeninge tensy u n geheue het soos n Olifant. Berei voor al glo u dat Hy u n boodskap op die preekstoel sal gee. Luiter na my raad. Te veel predikers preek hulself leeg binne minder as 1 jaar, veral as u elke Sondag oggend en aand en Woensdag vir dieselfde mense preek. Baie gou is u voorspelbaar en preek dieselfde dinge oor en oor. Dit hoef nooit te gebeur as u n skerp pyl vir God word nie.. Takke moet afgesny word, bas afgestroop word en die punt skerp gemaak word. Voorbereid vir die oorlog weet u die pyl gaan reguit op sy teiken afskiet.
Die boodskap moet n duidelike doel he. Altyd eerstens om die Here te eer en nie uself nie. Baie predikers preek rond en bond van die een onderwerp na die volgende, gebruik Skrifgedeeltes wat nie van toepassing is nie en die mense weet glad nie wat was die boodskap vir hulle persoonlik as hulle daar uitstap nie. Hulle sou meer ontvang he t deur self Bybel te lees as om na die wilde skreeu toespraak te luister.
Die ander probleem-prediker wat ek al teegekom het is weer die prediker wat TE GOED voorberei het. Gewoonlik het hy baie lank voorberei en eerder n Lesing saamgestel as n preek. Om woord vir woord n boodskap af te lees is vir die gehoor ellendig en n groot frustrasie.
U moet nooit bang wees om af te wyk van n punt in u boodskap nie, solank u die doel van die boodskap duidelik verstaan en steeds vaardig daarop afstuur.
Gebruik ook preek-Illustrasies wat pas by die boodskap. Maak die boodskap lewendig soos Jesus gedoen het deur gelykenisse te vertel en Sy wysheid geopenbaar het met outoriteit, gesag oor al die krag van die vyand, ook u kan soos Paulus kragtig getuig. Preek lewe en nie dood nie. N Positiewe boodskap het waarde vir die stukkende siel wat u bedien.
N Boodskap van hoop, van liefde, van geloof en sekerheid het baie meer waarde as om vir mense te vertel hoe on-heilig en sleg is hulle.
Preek Skrif. N Goeie manier om voorteberei is om alle gepaste Skrifgedeeltes bymekaar te kry en uit te sorteer wat die boodsap die duidelikste maak.
Baie toespraak-predikers wat oor die mense se koppe preek en niemand weet wat die geleerde proffesor se nie behalwe miskien die duiwel- sy boodskap is so diep en so hoog dat indien jy sy een vers mis wat hy net eenmaal gaan voorlees, gewoonlik versteek tussen n hele hoofstuk wat hy lees dan kry die toespraak geen doel nie behalwe om almal se geduld te toets of hulle ooit weer na die kerk sal wil kom.
Wel sulke predikers sien my nie weer nie. Ek wil weet wat God vir my se en wat ek moet doen om gehoorsaam te wees aan die Stem van Sy Woord en nie aan die stem van proffessor hogenverhewende- geen-genade-barmhartigheid en onvrede nie..
Onthou dit is die Salwing wat die juk breek en dit is nie deur krag of deur geweld nie maar deur die Gees van die Here kom blyskap in die Heilige Gees.
N Deppresiewe prediker op die preekstoel is n resep vir massa selfmoord. Dink maar aan Jim Jones of David Koeresh ens wat honderde mense se dood beteken het. As Gesalfde van God staan u in erns tot Saligheid voor mense maar ook vol blydskap oor die goeie nuus wat u oordra. Straal blydskap, vrede, krag, Godsvertroue en Wysheid van bo uit.
Wees vriendelik in u aanbieding. Gebruik u emosies ten volle. As u trane van blydskap en oorwinning wil stort- doen dit. Onthou die wat met trane saai sal met gejubel maai. Veral as u die lydings-boodskap van Jesus oordra.
Emosielose Godsdiens is nie in my Bybel nie. Lees maar die Psalms en u sal baie diep emosies vind van depressie tot absolute uitroepe van blydskap en lofprysinge.
N Goeie manier om voorteberei is om u Skrifgedeeltes binne in u Bybel liggies te plak (bv. Stick-it notas) of n kaartjie in te sit by u plek van begin.
Skryf die doel van die preek in die middel van die kaartjie en omkring dit, skryf nou u inleiding bo die doel en trek n lyn na die doel en nommer u inleiding as punt 1.
Skryf nou n sleutel-woord links van die doel met nommer 2 vir n Preek illustrasie bv. Gert roep Jesus (dit is die verhaal van Gert wat altyd uitgeroep het wanneer hy begin bid; ..? hier is ek Jesus!!? en dan verder gebid het. Tot sy volgende gebed dan roep hy weer uit,..?hier is ek Jesus!..? Die dag toe Gert sterf in n hospitaal was sy vrou langs sy bed en skielik straal Gert se gesig terwyl hy sterf en hy se vir sy vrou: ?? Jesus roep en se:.? HIER IS EK, GERT!?)
Punt 3 (u kan nog n nota op die plek van die vers in-plak sodat hy aan die kant uitsteek merk die kant duidelik as nota B. ens.)
Sluit dan onmiddelik aan met n volgende gepaste Skrifgedeelte bv. Gen.3:9 Toe roep die Here God na die mens en se vir hom: WAAR IS JY? Verduidelik of brei uit bv. God roep steeds na die mens. Waar is jy? Jy is miskien hier, maar waar is jou hart vanaand? Waar is jou kinders? Waar is jou naaste? Brei uit maar nie tot vervelens toe nie. Mik weer na jou doel en kernskrifgedeelte: bv. Openbaring 22:17 en vers 20.(Lees dit en sien hoe dit aansluit)
Gee kans om te reageer op die uitnodiging.
Maak oogkontak met die mense. Beweeg u liggaam, moenie die preekstoel vasklem of oor hom hang nie. Wees soms kalm, wissel en wees vurig waar van pas. Fluister selfs as u n duidelike klankstelsel gebruik. As u baie hard praat of uitroep beweeg bietjie weg van die mikrofoon. (sommige klankstelsels sal die gees gee as u binne in hom skreeu en sommige gemeentelede dalk ook..) Gebruik goeie humor. Bly net weg van vuil grappe. Ek is ernstig, daar is valse leraars wat deesdae selfs vloek van die preekstoel af om te pas by hul ?? sondaars-gemeente? Terwyl ons vermaan word dat daar geen vuil woord uit ons mond mag kom nie behalwe n woord van stigting en bemoediging.
Ons sal eendag self rekenskap gee oor elke ydele woord wat ons gespreek het en varal as leraar van die woord is daar n groter oordeel. Wees dus versigtig dat u nie nonsens preek nie maar die Waarheid van die Woord. Sny die waarheid reg. Wees oortuig van u boodskap.
Wees eerlik op die preekstoel. Moenie voorgee dat u alles weet nie. Gaan doen eerder meer navorsing as wat u dwaal en n gemeente die afgrond in lei.
Selfs n vinnige uitnodiging kan gou voorberei word vir n boodskap as n mens weet wat die doel van die boodskap is.
Goeie voorbereiding kan as volg geskied:-
Die Opening (Inleiding) Dit gee geleentheid om die mense se gedagtes gevange te neem sodat hul aandag by die boodskap kom en nie ronddwaal nie.
Die Liggaam.
Die Slotsom.
Moenie begin met woorde soos:-?ek is so bly julle het my genooi.?.nie. Of soos-? jammer ek het nie tyd gehad om voorteberei >.? nie.
Begin en kry onmiddelik die gehoor se aandag bv.? Aanbidding is die rede waarom ons bestaan en vandag hier is.. of.. U het n oor om te hoor wat die Gees van God aan die gemeente wil se..?
Baie kragtige Evangeliste kry dadelik die gehoor se betrokkenheid deur uit te roep.;_?Jesus is Alive!? JESUS LEWE! AMEN? En die gehoor reageer maklik en spontaan hierop deur saam te stem..?AMEN!?
Evangeliste is geneig om baie vinnig te praat daarom is herhaling van kerngedagtes noodsaaklik sodat mense alles van waarde kan inneem en verwerk.
Pastore is meer intiem in hul boodskap omdat die mense voor hom soos sy familie en vriende geword het. Mense word soms op hul naam genoem van die preekstoel af. Goeie woorde tot hulle, bemoediging en aanmoediging. Waak net teen n ??click? waar mense te veel uitgesonder word of dat mense sou se ?? as jou bydrae in die kerk nie so groot is soos broer so en sus nie is jy nie in tel nie..?
Leraars doen meer Bybel ontleding hoewel Pastore ook hierin deelneem.
Professors sing die gemeente aan die slaap. Kies dus of ontdek wie u is deur Prediking wat God behaag en resultate by die mense lewer..
voorbeeld van voorbereiding:-
1. INLEIDING:
SKRIFLESING: Joh.3:16-21 Teks: Joh:3:16
.
doel=
Kies tussen Lig en Duisternis,
Kies tussen Redding of Veroordeling
sleutel om doel te bereik=
beantwoord Sy Liefde.
Onthou maak n uitnodiging om Jesus aan te neem...
Meer inligting by:
Meer Inligting
Afrikaanse Universiteit
Meer inligting en skakels om u eie navorsing te begin op die Internet, verdien u Diploma of Graad deur Self Studie, enige tyd van die dag of nag, maklik en spoedig..
a) Bybelstudies en Prospektus vir kursus:
Kyk na http://www.university.zoomshare.com/
b) Grade kursus beskikbaar en u mag ook krediet kry volgens u vorige studies en lewens-ondervinding.
c) U mag ook iemand nomineer om n ere-graad van ons te ontvang sonder verdere studies van enige aard. Fax u CV na
Dr.Louis De Bruin by Sel. 072 127 4327 of Fax 056 213 1591

